Nuus 18:00
BULLETIN 4 Augustus 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# March and March stig ‘n regsafdeling om die regering uit te daag
# SANParke verwelkom ‘n permanente raadsvoorsitter
# En, meer as 150 migrante word gered nadat hul boot in die Engelse Kanaal aan die brand slaan
# Die groep teen onwettige migrasie, March and March, het ‘n organisasie sonder winsbejag genaamd SA First gestig om regsondersteuning aan gewone Suid-Afrikaners te bied. Die leier van die groep, Jacinta Ngobese-Zuma, sê hul eerste saak sal ‘n omsendbrief van die Suid-Afrikaanse Polisiediens uitdaag wat beamptes verbied om by burgerlike aksies teen buitelandse burgers aan te sluit. Ngobese-Zuma sê SA First is daarop gemik om die regte van burgers wat nie regstappe kan bekostig nie, te verdedig en hoop om soos AfriForum te word:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, het Beryl Ferguson aangestel as voorsitter van SANParke se raad. Dit het op 1 Augustus in werking gestel en sal duur tot einde September 2028. Ferguson was waarnemende voorsitter sedert Oktober verlede jaar en is geloof vir haar sterk leierskap. SANParke sê haar permanente aanstelling voorsien deurlopendheid en sal die organisasie se bewarings-mandaat, belanghebbendes se betrokkenheid en langtermyn-volhoubaarheid steun.
# Die adjunkdirekteur van Openbare Vervolging by die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, advokaat Petre Seruya, het by die Madlanga-kommissie bewerings betwis dat die eenheid se Operasionele Handleiding nie gebruik word nie. Die voormalige hoof van IDAC, Andrea Johnson, het die indruk geskep die operasionele handleiding is nie werklik in die praktyk toegepas nie. In reaksie op getuienisleier Thabang Pooe se vraag het Serunye gesê die handleiding rig al sedert 2024 IDAC se daaglikse prosedures, operasionele standaarde en prosesse:
# Meer as 150 migrante is gered nadat ‘n klein boot aan die brand geslaan het terwyl dit probeer het om die Engelse Kanaal vanuit Frankryk na Brittanje oor te steek. Franse owerhede sê die enjin het aan die brand geslaan, wat veroorsaak het dat die vaartuig vinnig begin verbrokkel het. Franse en Britse reddingspanne het al 157 mense aan boord gered, met geen beserings wat aangemeld is nie. Amptenare sê sommige migrante het vroeër hulp geweier, vasbeslote om hul reis voort te sit. Die voorval kom te midde van hernieude pogings deur die Britse regering om gevaarlike kruisings met klein bootjies vas te vat.
# Rugby: Die Springbokke se hulpafrigter, Deon Davids, het ontken dat hulle Saterdag se eenmalige toets teen die Pumas in Buenos Aires beskou as ‘n opwarmingswedstryd vir die reeks teen Nieu-Seeland. Ses-en-twintig spelers het na Argentinië gereis terwyl die res in Johannesburg agtergebly het om vir die toetsreeks voor te berei. Davids sê dit sal ‘n groot flater wees om die kragmeting met Los Pumas as bloot ‘n opwarmingswedstryd te benader:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-38-sent teen die dollar, 18-rand-88-sent teen die euro en 22-rand-4-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-637-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-82-dollar-7-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 83-dollar-51-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….