Nuus 18:00
BULLETIN 15 Maart 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Showmax se dokumentêre reeks ‘Tracking Thabo Bester’ word uitgesaai ná ‘n mislukte hofaansoek
# Fase 3-beurtkrag sal vanaand geld, maar daar is minder beurtkrag oor die naweek
# En, tennis: Naomi Osaka is die eerste keer in vier jaar in die Billie Jean King-bekerkompetisie
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het Thabo Bester en Nandipha Magudumana se dringende aansoek verwerp om die uitsending van MultiChoice en Showmax se dokumentêre reeks “Tracking Thabo Bester” te verbied. Die reeks sal van vandag af uitgesaai word. Bester en Magudumana het probeer om die uitsending te keer totdat hy insette kon lewer. Regter Stuart Wilson het beslis dat hul aansoek gebrekkig is en het ook geweier om ‘n kostebevel toe te staan op grond van hul gevangene-status:
# Eskom sê fase drie-beurtkrag is vanaf vieruur vanmiddag tot môreoggend vyfuur ingestel, gevolg deur ‘n opskorting tot vieruur môremiddag, wanneer fase een-beurtkrag tot vyfuur Sondagoggend ingestel sal word. Die verbruik vanaand sal tot ‘n verwagte hoogtepunt van 25-duisend-848 megawatt styg. Eskom het onbeplande onderbrekings van 14-duisend-144 megawatt aangemeld, met sewe-duisend-674 megawatt afgeskakel vir beplande instandhouding.
# Die minister van Vervoer, Sindisiwe Chikunga, het die verlenging aangekondig van die Covid-19-taxi-hulpfonds vir nóg 12 maande. Die fonds bied finansiële ondersteuning aan taxi-operateurs. Die bedrag is met twee-duisend-200-rand per operateur verhoog, met ‘n nuwe betaling van sewe-duisend-200-rand per bedryfslisensie. Kwalifiserende operateurs moet Suid-Afrikaanse burgers of permanente inwoners wees, ‘n geldige bedryfslisensie of bewys van ‘n hernuwingsaansoek hê, en by die SA Inkomstediens vir belasting geregistreer wees.
# Die Vryemarkstigting het die regering veroordeel vir die oormatige regulering van ekonomiese keuses, wat verbruikersregte ondermyn. Hierdie standpunt volg met die herdenking van Internasionale Verbruikersregtedag. Die stigting se beleidshoof, Martin van Staden, het hangende wetgewing soos die Wetsontwerp op Tabakbeheer en die Wet op Rolprente en Publikasies, gekritiseer vir die oplegging van boetes en tronkstraf oor persoonlike keuses:
# Tennis: Die voormalige wêreld nommer-een, Naomi Osaka van Japan, beplan om vanjaar die eerste keer in vier jaar aan die Billie Jean King-bekerkompetisie deel te neem. Die viermalige Grand Slam-kampioen sal haar land in volgende maand se kwalifiseringswedstryd teen Kazakstan in Tokio verteenwoordig. Die wenner sal in November in die eindronde in Spanje speel. Osaka het dié seisoen haar terugkeer gemaak nadat sy 15 maande nie gespeel het nie na die geboorte van haar eersteling. Sy is tans nommer 287 op die wêreldranglys.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-69-sent teen die dollar, 20-rand-36-sent teen die euro en 23-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-51-dollar-10-sent. Die prys van goud is twee-duisend-161-dollar-12-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-93-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….