Nuus 18:00
BULLETIN 4 Maart 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die NSFAS-raad sal beduidende stappe doen om die Werksmans-verslag in werking te stel
# Die polisie ondersoek ‘n rooftog op die voormalige Vrystaatse premier Ntombela se plaas
# En, rugby: Die Blitsbokke moet hergroepeer om te kwalifiseer vir die Groot Eindstryd-naweek in Madrid
# Die waarnemende raadsvoorsitter van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, Lourens van Staden, sê aansienlike vordering is gemaak om die Werkmans-prokureursverslag se aanbevelings in werking te stel. Die verslag kyk na die ontleding en verbetering van die skema, met die fokus op verkrygingstelsels en bestuurstekorte. NSFAS is daartoe verbind om aandag te gee aan knelpunte wat in die verslag genoem is, asook aanspreeklikheid vir enige oortreding te verseker. Van Staden sê die raad is vasberade om diegene wat verantwoordelik is aanspreeklik te hou, ten einde die skema se doeltreffendheid te verbeter:
# Die polisie in die Vrystaat ondersoek vanoggend se rooftog by die plaashuis van die voormalige premier van die provinsie, Sisi Ntombela, in Holfontein in die Heilbron-distrik. Onbekende mans het die Ntombela’s se selfone en bankkaarte gesteel. Die provinsiale kommissaris, Baile Motswenyane, het bronne mobiliseer om die skuldiges vas te trek.
# Die Lesotho Hoogland-waterprojek se tonnelstelsel sal vanaf die eerste Oktober tot einde Maart volgende jaar ses-maande gesluit wees vir noodsaaklike instandhoudingswerk. Die sluiting, wat die watergebruikers van die Geïntegreerde Vaalrivierstelsel raak, sal Suid-Afrika se watervoorsiening langs die Liebenbergsvleirivier in die Vrystaat beïnvloed. Die Departement van Water en Sanitasie verseker daar is planne gemaak om watertoevoer te verseker na gebiede wat geraak word.
# Rugby: Die Springbok sewes mans sukkel in die sewende plek op die punteleer na vyf toernooie van die wêreldreeks. Gister se elfde plek in Los Angeles was die Blitsbokke se slegste uitslag tot dusver dié seisoen. Hulle het nou ‘n maand-lange blaaskans voor die toernooie in Hongkong en Singapoer, en dan is die top agt spanne op pad na Madrid vir die Groot Eindstryd-naweek. Blitsbok-afrigter Sandile Ngcobo sê hulle moet vinnig hergroepeer:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-91-sent teen die dollar, 20-rand-64-sent teen die euro en 24-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-19-dollar-30-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-91-dollar-4-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-74-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….