Nuus 18:00
BULLETIN 1 Maart 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid sê geen steen sal onaangeroer gelaat word vir Joslin Smith se veilige terugkeer nie
# Cosatu sê die instel van ‘n nuwe minimum-loon sal verligting bring vir ses-miljoen werkers
# En, die Russiese opposisieleier Alexei Navalny word ter ruste gelê in Moskou
# Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het bevestig gesamentlike polisie-operasies is ingestel vir die veilige terugkeer van die vermiste sewe-jarige Joslin Smith van Saldanhabaai. Hy het tydens ‘n nuuskonferensie aangekondig ‘n hommeltuig is ontplooi om te help met die soektog, wat ook die Vloot en honde-eenhede insluit. Allen het politieke partye ook gevra om nie met die voortgesette ondersoeke in te meng nie, en vra ‘n verenigde front om Joslin te vind:
# Cosatu sê die instel van die minimumloonverhoging van 8,5-persent sal verligting bring aan ses-miljoen werkers in verskeie sektore. Die salaris is verhoog na 27-rand-58 sent vanaf 25-rand-42-sent per uur, en tree vandag in werking. Matthew Parks van Cosatu sê hierdie toename is verder ‘n inspuiting vir lewenskrag in sektore soos landbou, kleinhandel en gasvryheid, wat tasbare voordele vir ‘n uiteenlopende arbeidsmag inhou. Hy doen ‘n beroep op die Departement van Indiensneming en Arbeid om die Wet op die Nasionale Minimum Loon streng af te dwing om oortredings deur werkgewers te voorkom:
# Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika wil aandag gee aan mobiele pakketkwessies met sy jongste konsepwysigings, wat daarna streef om regulasies oor alle mobiele dienspakkette te standaardiseer. Die veranderings sluit in die verlenging van mediumtermyn pakket-tydsduur, die verdubbeling van toelaes van ongebruikte gedeeltes wat oorrol, en gratis oordragte binne dieselfde netwerk. Die owerheid poog om billike behandeling vir gebruikers van alle pakkette te verseker deur verbruikersbelange te balanseer met markdinamika. ‘n Raadslid van die owerheid, Charley Lewis, glo die voorstelle bereik hierdie regulatoriese ewewig op ‘n doeltreffende manier.
# Die Russiese opposisieleier Alexei Navalny se weduwee en kinders kon nie vandag sy begrafnis in Moskou bywoon nie. Hulle en sy naaste bondgenote het die land verlaat omdat hulle as ekstremiste bestempel word, en het die verrigtinge via sy YouTube-kanaal gevolg. Duisende ondersteuners by die kerk het sy naam gedreunsing toe die lykswa opdaag. Sy stigting het later ‘n foto van die oop kis vrygestel, met sy ma langs die kis, met ‘n kers. Frank Sinatra se liedjie “My Way” is gespeel toe die kis in die graf laat sak is.
# Sokker: Juventus se middelveldspeler en voormalige Franse internasionale speler, Paul Pogba, sê hy gaan sy naam skoonmaak deur by die Hof van Arbitrasie vir Sport te appelleer teen sy skorsing van vier-jaar vir opkikkergebruik. ‘n Italiaanse tribunaal het die skorsing opgelê nadat hy in Augustus verlede jaar positief getoets het vir sintetiese testosteroon ná ‘n Serie A-wedstryd teen Udinese. Sy teenontleding het ook ‘n positiewe resultaat opgelewer. Die dertigjarige Pogba het van 2013 tot 2022 91 wedstryde vir Frankryk gespeel. Hy hou vol dat hy die middel per ongeluk ingekry het het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-15-sent teen die dollar, 20-rand-71-sent teen die euro en 24-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-428-dollar-84-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-54-dollar-30-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 83-dollar-16-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….