Nuus 18:00
BULLETIN 28 Mei 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Reserwebank verhoog die terugkoopkoers tot 7-persent terwyl inflasie-druk verskerp
# Julius Malema vra selfregering vir Wes-Sahara
# En sokker, Ebola monitering word verskerp in aanloop tot die Wêreldbeker in Mexiko
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers met 25 basispunte tot sewe-persent verhoog weens hoër inflasie. Stygende oliepryse wêreldwyd, voortslepende geopolitieke spanning en onlangse oorstromings het die land se ekonomiese vooruitsigte verswak en inflasie laat styg. Die bank se president, Lesetja Kganyago, sê inflasie het in April tot vier-persent toegeneem, hoofsaaklik weens brandstof- en vervoerkoste, terwyl groeivooruitsigte vir die volgende twee jaar afwaarts aangepas is:
# Die EFF-leier Julius Malema sê Afrika kan nie sê hy ondersteun bevryding ten volle terwyl Wes-Sahara se kwessies onopgelos bly nie. Hy het by die EFF se Afrikadag-beraad in Pretoria gepraat en gesê die Sahrawi-mense word deur Marokko beset en voer ‘n stryd vir selfbeskikking. Hy het ook gewaarsku dat konflik in lande soos die Demokratiese Republiek die Kongo, Soedan en Somalië streeksbestendigheid bedreig. Hy vra sterker Afrikaan-geleide instellings wat vrede bevorder en streeksamewerking om onbestendigheid aan te spreek:
# Die Vereniging van Staatsamptenare het die bekendstelling van die nuwe aanlyn, regstreekse werknemer-bevestigingsportaal verwelkom. Die portaal van die Departement van Binnelandse Sake ondersteun die regering se pogings om spookwerknemers en betalings-onreëlmatighede uit te skakel, wat die nasionale fiskus verlede jaar na raming 3,9-miljard-rand gekos het. Claude Naicker van die vakbond sê betaalstaatbedrog lei kritieke hulpbronne van noodsaaklike openbare dienste weg en ondermyn die geloofwaardigheid en integriteit van die openbare sektor:
# ‘n Senior bevelvoerder van Oekraïne se Verdedigingsmag sê sy land het ‘n ses maande lange venster om die gevegsinisiatief van Rusland oor te neem en sy hand vir vredesgesprekke te versterk. Brigadier-generaal Andriy Biletsky, wat in beheer is van Oekraïne se Derde Leërkorps, het aan Reuters gesê ‘n keerpunt is op hande na meer as vier jaar van oorlog. Hy glo die Russiese leër is uitgeput en nie in staat is om groot deurbrake te maak nie. Russiese magte het sedert hul volskaalse inval in Oekraïne in Februarie 2022 groot vordering gemaak, maar kry sterk teenstand deur Oekraïnse magte.
# Sokker: Gesondheidsowerhede in Mexiko het Ebola-monitering verskerp voor die 2026 FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi terwyl lande voorberei vir meer internasionale reise en groot skares. Amptenare sê verskerpte monitering word by lughawens, grensposte en openbare gesondheidsfasiliteite ingestel om moontlike gevalle vroeg op te spoor en grensoordrag te voorkom. Die maatreëls sluit in temperatuurmetings, gesondheidsverklarings en vinnige reaksieprotokolle. Owerhede sê die voorsorgmaatreëls is daarop gemik om openbare gesondheid te beskerm, om die gladde aanbieding van een van die wêreld se grootste sportbyeenkomste te verseker.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-24-sent teen die dollar, 18-rand-92-sent teen die euro en 21-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 72-duisend-926-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-462-dollar-74-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 92-dollar-28-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….