Nuus 18:00
BULLETIN 27 Mei 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Verkiesingskommissie sê 376-duisend nuwe kiesers het aanlyn geregistreer
# Die afpersingsaak teen die taxi-hoof Joe Sibanyoni en sy medebeskuldigdes word weer geregistreer
# En, honderde kinders sterf binne maande weens masels wat skerp toeneem
# Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê sy aanlyn kieserregistrasieportaal het die akkuraatheid en bestendigheid van die kieserslys voor die plaaslike regeringsverkiesing verhoog. Die uitvoerende hoof Sy Mamabolo sê ongeveer 376-duisend nuwe kiesers het tussen Januarie en Mei aanlyn geregistreer, met die meeste jong Suid-Afrikaners. Mamabolo het bevestig dat 27,9-miljoen Suid-Afrikaners tot dusver geregistreer het, en gesê die digitale platform help om maandelikse verliese op die kieserslys te vervang:
# Die Motorbedryf-personeelvereniging is bekommerd oor die toenemende ontvoeringskrisis in Gauteng. Polisiestatistieke dui aan daar is gemiddeld 27 ontvoerings, rooftogte of losprysgevalle elke dag, met Gauteng wat meer as twee-duisend-400 gevalle in net drie maande aangeteken het. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging sê die misdade word meer professioneel georganiseer en bly ‘n ernstige bedreiging vir openbare veiligheid en die ekonomie, ten spyte van die skepping van ‘n gespesialiseerde polisie-eenheid:
# Die Nasionale Vervolgingsgesag sal die afpersingsaak teen die taxi-hoof Joe Sibanyoni en sy medebeskuldigdes, môre weer in die Landdroshof in Delmas, Mpumalanga registreer weens veiligheidsredes. NVG-woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê Sibanyoni, Daniel Masilela, Phillimon Msiza en Oupa Sindane staan tereg op bewerings van afpersing van meer as twee-miljoen-rand in beskermingsgeld van ‘n mynbou-entrepreneur. Die saak is voorheen deur die hooflanddros van die Kwaggafonteinse Landdroshof, Tuletu Tonjeni, van die rol geskrap, toe ‘n aanklaer na dreigemente nie opgedaag het nie.
# Meer as 500 kinders is sedert Maart in Bangladesj dood met vermoedelike en bevestigde gevalle van masels. Die regering het ‘n massa-inentingsveldtog van stapel gestuur om die verspreiding te vertraag en lewens te red. In net meer as twee maande het die aantal vermoedelike gevalle meer as 60-duisend bereik. Die presiese getal is nog nie bevestig nie, aangesien laboratoriumuitslae nog uitstaande is. Masels is hoogs aansteeklik en kan vinnig versprei deur hoes en nies. Dit is veral gevaarlik vir oningeënte kinders onder die ouderdom van vyf.
# Rugby: Die 13-malige Super Rugby-kampioen, die Crusaders, het bevestig dat die voormalige All Black-hulpafrigter, Scott Hansen, van volgende jaar as hoofafrigter aangestel is. Hy vervang Rob Penney, wat die einde van die huidige seisoen uittree na drie seisoene. Hansen het in die Crusaders se eerste seisoen in 1996 vir dié span gespeel en was van 2020 tot 2023 hulpafrigter. Uitvoerende hoof Colin Mansbridge sê hy bring duidelikheid, dissipline en ‘n ware liefde om ander te help om beter mense te wees.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-36-sent teen die dollar, 19-rand-1-sent teen die euro en 21-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-568-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-435-dollar-56-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 95-dollar-60-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….