Nuus 18:00
BULLETIN 12 Mei 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die skole in die Wes-Kaap heropen môre
# Die Wes-Kaapse Departement van Mobiliteit monitor die impak van die voortgesette vloede op paaie
# En, op Internasionale Verpleegkundedag, bring die Vereniging van Staatsamptenare hulde aan verpleegkundiges vir hul bydrae tot die toekoms van sorg
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê alle skole in die provinsie is môre weer oop. Dit volg na die jongste riglyne deur die provinsie se rampbestuursentrum en die Suid-Afrikaanse Weerdiens. Sommige skole kan egter steeds gesluit bly weens stormverwante skade aan infrastruktuur of uitdagings met toegang. Die LUR, David Maynier, waarsku teen die verspreiding van vals nuus en aangepaste inligting oor skoolsluitings:
# Die Wes-Kaapse Departement van Mobiliteit monitor padtoestande in die provinsie noukeurig met vloede en stormskade wat steeds hoofroetes ontwrig. Motoriste word versoek om versigtig te wees, onnodige ritte te vermy, en verkeers- en rampbestuursowerhede se riglyne te volg terwyl herstel- en veiligheidsoperasies voortduur. Die provinsiale verkeersbestuurswoordvoerder, Maxine Bezuidenhout, sê sommige dele van die N1 tussen Touwsrivier en Worcester is oop met stop-en-ry-verkeersbeheer:
# Antigua en Barbuda het Maria Fernanda Espinosa van Ecuador as kandidaat genomineer om die volgende sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies te wees. Espinosa, ‘n voormalige minister van Buitelandse Sake en minister van Verdediging in Ecuador, het die VN se Algemene Vergadering in New York in 2018 en 2019 gelei. Vyf kandidate ding nou mee om by die uitgaande VN-hoof Antonio Guterres oor te neem, insluitend drie vroue wat die eerste vrouehoof wil word. Verkiesings is vir later vanjaar geskeduleer en die nuwe sekretaris-generaal se vyfjaartermyn sal op 1 Januarie 2027 begin.
# Rugby: Wallis se afrigter, Steve Tandy, het ses nuwe spelers ingesluit in sy uitgebreide groep van 48 vir hul komende vier toetse. Hulle is Kane James, Harri Keddie, Ryan Woodman, Ben Warren, Rhys Barratt en Bryn Bradley. Wallis draf die 27ste Junie op Twickenham uit teen die Barbarians. Die groep sal dan verklein word vir Julie se Nasieskampioenskaps-wedstryde teen Fidji, Argentinië en Suid-Afrika. Tandy probeer sy groep se diepte versterk:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-50-sent teen die dollar, 19-rand-36-sent teen die euro en 22-rand-33-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-695-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-694-dollar-17-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 105-dollar-50-sent per vat.
# En laastens, die Vereniging van Staatsamptenare vereer verpleegkundiges wat hul lewens daaraan wy om vir ander te sorg en dikwels pasiënte se behoeftes eerste stel. Vandag is Internasionale Verpleegkundedag, met die tema “Ons verpleegkundiges. Ons toekoms: Bemagtigde verpleegkundiges red lewens“. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naicker, sê baie verpleegkundiges in die openbare sektor werk steeds onder geweldige druk in omgewings wat gekenmerk word deur ernstige personeeltekorte en beperkte hulpbronne:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….