Nuus 18:00
BULLETIN 1 April 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Inkomstediens vorder twee-duisend-miljard-rand in en oortref die Tesourie se voorspelling
# Vakbond vra sterker regeringsoptrede te midde van die stygende lewenskoste-krisis
# En, die DA staan Gauteng se aanpassingsbegroting teen omdat dit nie infrastruktuurkrisis aanspreek nie
# Suid-Afrika se belastinginvordering vir die fiskale jaar 2025-26 het verwagtinge effens oortref, ondanks ‘n swak ekonomiese omgewing. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het ongeveer twee-duisend-miljard-rand in die boekjaar tot Maart ingevorder, ‘n toename van 8,4-persent vanaf die vorige jaar en net bo die Nasionale Tesourie se voorspelling. Die kommissaris van die SAID, Edward Kieswetter, sê groei is gedryf deur sterker bydraes van korporatiewe belasting, persoonlike inkomstebelasting en BTW:
# Die Vereniging van Staatsamptenare erken die regering se pogings om fiskale volhoubaarheid met die onmiddellike maatskaplike-ekonomiese uitdagings in Suid-Afrika te balanseer. Dit volg nadat die regering die brandstofheffing tydelik met drie-rand per liter verminder het. Claude Naicker van die vakbond sê hulle is diep bekommerd dat die ingryping, hoewel nodig, nie daarin slaag om die breër en verdiepende lewenskoste-krisis aan te pak nie:
# Die DA in Gauteng het die 2025/2026-aanpassingsbegroting teengestaan en sê dit gee nie voorkeur aan onderhoud en belegging in infrastruktuur nie. Die aanpassingsbegroting wat gister in die provinsiale wetgewer aanvaar is, voeg hulpbronne van 3,3-miljard-rand by die provinsiale begroting om belangrike dienste te lewer. Ruhan Robinson van die DA sê begroting spreek nie die provinsie se grootste krisis, die ineenstorting van infrastruktuur, aan nie:
# ‘n Russie olietenkskip met 730-duisend vate ru-olie het in Kuba aangekom en effense verligting gebring vir die eiland wat deur Amerika blokkeer word. Die Withuis se pers-sekretaris, Karoline Leavitt, beskryf die toestemming vir die vaartuig as ‘n besluit wat steeds per geval geneem sal word om humanitêre of ander redes. Kenners raam die versending kan sowat 180-duisend vate diesel oplewer, wat genoeg is vir nege tot tien dae.
# Gholf: Die 18-jarige Andries van der Vyver van die Strand in Kaapstad het ‘n wêreldrekord geëewenaar toe hy die Nomads SA Seuns onder-19-houespelkampioenskap in Oos-Londen in die Oos-Kaap op 35-onder-syfer voltooi het. Hy ewenaar die rekord wat Hideki Matsuyama van Japan in Januarie verlede jaar in die Sentry-kampioenetoernooi op die PGA-toer opgestel het. Van der Vyfer sê nadat hy na die derde ronde op 26-onder was, het hy besluit om alles uit te haal vir 34-onder, maar 35 is ongelooflik.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-77-sent teen die dollar, 19-rand-50-sent teen die euro en 22-rand-34-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-553-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-747-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 99-dollar-20-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….