Nuus 18:00
BULLETIN 20 Maart 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Madlanga-kommissie stel Julius Mkhwanazi se getuienis uit ná sy ma se dood
# Aaron Motsoaledi vra vir meer erkenning vir die pogings by openbare hospitale
# En, die Amerikaanse vegkuns- en Hollywood-aksiester Chuck Norris is op die ouderdom van 86 oorlede
# Die Madlanga-kommissie het die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, se getuienisdatum uitgestel tot 14 April, ná die dood van sy ma. Sy prokureur, Nkosana Khumalo, het bevestig die begrafnis vind môre plaas, met bykomende seremonies oor die volgende paar dae. Mkhwanazi sou na verwagting terugkeer ná ‘n oog-operasie, nadat sy regspan meer tyd versoek het om voor te berei vir die ondersoek na bewerings van wangedrag, insluitend die misbruik van blouligte en betrokkenheid by misdadige bedrywighede.
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê openbare hospitale verdien groter erkenning na die suksesvolle skeiding van die Sithole-tweeling. Motsoaledi het in die Mankweng-hospitaal in Limpopo gewaarsku dat ‘n negatiewe berigte die sektor oorskadu, ten spyte van bekwame mediese personeel en lewensreddende ingrypings. Motsoaledi het die behoefte aan verbeterde geriewe beklemtoon en die regering se pogings herbevestig om akademiese hospitale te versterk en kapasiteit uit te brei om billike, toeganklike en bekostigbare sorg vir alle burgers te verseker:
# Die burgerlike organisasie, SANCO, het sy verkiesingsmobiliseringsaktiwiteite in Tshwane opgeskort. Die organisasie sê gemeenskappe het steeds met diep armoede, hoë werkloosheid, stygende lewenskoste en voortdurende diensleweringsuitdagings te doen. SANCO voeg by inwoners voel buite verkiesingsperiodes of hulle geïgnoreer word. Die streeksekretaris van SANCO, Evelyn Matlaila, vra betekenisvolle betrokkenheid deur die ANC-geleide koalisie, groter gemeenskapsverteenwoordiging in regering en tasbare verbeterings in mense se lewens voordat hulle die besluit kan heroorweeg:
Tennis: Die ses-malikge Grand Slam-kampioen, Iga Swiatek van Pole, is Donderdag in die tweede ronde van die Miami Ope met 1-6, 7-5, 6-3, deur haar landsgenoot, Magda Linette uitgeskakel is. Linette is 50ste op die wêreldranglys is. Dit is die nuutste teleurstelling vir die huidige Wimbledon-kampioen, wat in die kwarteindronde by die Australiese Ope en in die WTA 1000-toernooie in Doha en Indian Wells uitgeskakel is. Swiatek het hierdie week na die derde plek in die wêreld teruggesak, met die Indian Wells-finalis Elena Rybakina wat nou tot die tweede plek na Aryna Sabalenka opgeskuif het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-2-sent teen die dollar, 19-rand-62-sent teen die euro en 22-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 70-duisend-156-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-574-dollar-17-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 105-dollar-18-sent per vat.
# En laastens, die Amerikaanse vegkuns- en Hollywood-aksiester Chuck Norris is op die ouderdom van 86 oorlede. Sy familie sê hy is Donderdagoggend vreedsaam oorlede, omring deur sy gesin. Hy is in 1940 in Oklahoma gebore en het in die Amerikaanse Lugmag gedien voordat hy in vegkuns bekendheid verwerf het. Sy groot deurbraak op die silwerdoek het gekom nadat hy die vegkuns-ster Bruce Lee ontmoet het, teen wie hy in Way Of The Dragon in 1972 geveg het. Hy is veral bekend vir sy rol as Cordell “Cord” Walker in die jare lange televisiereeks Walker, Texas Ranger.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….