Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 6 Februarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF verloor sy aansoek om die Parlement te verbied om nuwe Huisreëls toe te pas
# Die OVK kondig die beskikbaarheid van die benoemings-handtekeningportaal aan
# En, rugby: Dis amptelik – Rassie is terug as Springbok-hoofafrigter
# Die EFF het misluk met sy regspoging om die Parlement te verbied om nuut aanvaarde Huisreëls in te stel wat daarop gemik is om ontwrigtings tydens die staatsrede te voorkom. Die reëls, wat in Desember aanvaar is, bepaal geen lid sal toegelaat word om die president se eerste toespraak met die Parlementsopening ná ‘n nasionale verkiesing of met die staatsrede te onderbreek nie. Die reëls verbied ook growwe wanordelike gedrag en bemagtig die speaker om lede van die aanlyn platform te verwyder weens opruiende gedrag.
# Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, het die beskikbaarheid van ‘n portaal aangekondig om benoemingshandtekeninge vir onverteenwoordigde partye en onafhanklike kandidate vas te vang. Dit volg ná die onlangse registrasienaweek. Mamabolo het verder gesê die kieserslys staan nou op 27,4-miljoen. Die portaal sal die benoemingsproses bevorder vir partye en kandidate wat beoog om aan die komende verkiesing deel te neem:
# Die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering, Blade Nzimande, het die voorgestelde Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se geskiktheidskriteria en voorwaardes vir finansiële hulp vir verblyf goedgekeur. Universiteitsbestuurde selfsorg- en privaat geakkrediteerde akkommodasie wat nie op die kampus is nie, sal beperk word tot 50-duisend-rand in metrogebiede en 41-duisend-rand in alle ander gebiede per akademiese jaar. Die departement se woordvoerder, Veli Mbele, sê universiteitsbestuur en spyseniering word beperk tot 66-duisend-500-rand in metro’s en 57-duisend-rand-500-rand in ander gebiede.
# Rugby: Rassie Erasmus keer amptelik terug as hoofafrigter van die Springbokke vir die volgende vier jaar. SA Rugby het die afrigtingspan bevestig, met die gewese Ierse haker Jerry Flannery wat beheer oorneem van verdediging, terwyl die gewese All Black-losskakel Tony Brown sal fokus op aanval. Hulle sluit aan by Mzwandile Stick, Deon Davids en Daan Human, met Andy Edwards as hoof van atletiese prestasie. Jaco Peyper, wat onlangs uitgetree het as skeidsregter, sluit aan as nasionale raadgewer oor reëls, en die Bok-agsteman Duane Vermeulen is die reisende afrigter van al SA Rugby se nasionale spanne.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-97-sent teen die dollar, 20-rand-36-sent teen die euro en 23-rand-83-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-784-dollar-30-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-29-dollar-6-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-50-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….