Nuus 18:00
BULLETIN 12 Januarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DG van Basiese Onderwys waarsku die 2026-matrieks teen die lek van eksamenvraestelle
# SANParke vra besoekers om reise na die Krugerwildtuin te herskeduleer te midde van waarskuwings oor gure weer
# En, Donald Trump se plan om kredietkaartkoste te beperk raak bankaandele
# Die direkteur-generaal van die Departement van Basiese Onderwys, Mathanzima Mweli, het die matriekklas van 2026 aangespoor om ywerig te studeer en die gevolge van uitgelekte eksamenvraestelle te vermy. Hy het ‘n gesprek met SABC News 2026 matrikulante gevra om gefokus te bly, die nasionale belofte te respekteer, en nie oneerlik te wees nie. Hy het waarsku dat die straf vir sulke oortredings swaar is:
# Die ATM doen ‘n beroep vir ‘n hersiening van die skooluniformstelsel en stel ‘n wyksgebaseerde koöperatiewe model voor wat plaaslike gemeenskappe bemagtig om uniforms te vervaardig en te verskaf. Die woordvoerder, Zama Ntshona, sê die projek het ten doel om werk te skep, armoede te verminder en bekostigbaarheid vir gesinne te verseker. Die ATM vra ook soortgelyke hervormings in die Skoolvoedingsprogram en strenger monitering van onregverdige pryspraktyke:
# SANParke vra besoekers om hul reise na die Krugerwildtuin te herskeduleer, aangesien dele van Limpopo en Mpumalanga steeds deur gure weer geraak word. Swaar reën het gelei tot stygende riviervlakke, padsluitings en die sluiting van verskeie hekke en kampe, insluitend roetes tussen Laer Sabie, Skukuza en Satara. SANParke se woordvoerder, JP Louw, het besoekers wat reeds in die park is aangeraai om alle padsluitings en veiligheidsmaatreëls na te kom:
# Aandele in banke en kredietkaartondernemings het gedaal nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, gevra het kredietkaartkoste moet beperk word. Hy het gesê rentekoerse op kaarte moet vir ‘n jaar lank tot 10-persent beperk word. Die Britse bank Barclays, wat ‘n redelike groot Amerikaanse kaartafdeling het, se aandele het met 3,5-persent gedaal en Amerikaanse ondernemings soos American Express, Visa en Mastercard is ook laer. Amerikaanse bankverenigings sê ‘n beperking op koerse sal dit moeiliker maak vir mense om toegang tot krediet te verkry en gesinne en klein ondernemings negatief raak.
# Tennis: Belinda Bencic van Switserland is terug onder die wêreld se top-tien, die eerste keer sedert haar terugkeer van kraamverlof in 2024. Sy lyk skitterend voor die Australiese Ope nadat sy nommer-twee, Iga Swiatek van Pole, en nommer-sewe, Jasmine Paolini van Italië, in die United Cup-kompetisie geklop het. Die 28-jarige Bencic het verlede jaar van 421ste na elfde posisie verbeter na ‘n loopbaanhoogtepunt van vierde in Februarie 2020. Sy hoop om haar vorige beste prestasie van die vierde ronde te verbeter wanneer die Australiese Ope Sondag begin.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-40-sent teen die dollar, 19-rand-16-sent teen die euro en 22-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 90-duisend-155-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-589-dollar-88-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 62-dollar-90-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….