Nuus 18:00
BULLETIN 5 Januarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Aktivis sê die VSA se inval in Venezuela stuur ‘n duidelike boodskap vir regime-verandering
# Die Forum for South Africa verwelkom die afhandeling van NSFAS se befondsingsaansoeke
# En, die Learnergy-stigter bepleit akademiese beplanning vir 2026
# Die prominente Keniaanse prokureur en aktivis, professor Patrick Lumumba, sê die Amerikaanse inval in Venezuela het ‘n duidelike boodskap gestuur dat Washington president Nicolás Maduro wou ontsetel. Lumumba het op ‘n gewilde Keniaanse digitale mediaplatform, The Alpha House-podsending, gesê Maduro waarsku al lank teen pogings tot regimeverandering, insluitend diplomatieke druk en subtiele internasionale taktieke. Hy noem Venezuela se besluit om bande met Noorweë te verbreek as bewys dat die land waaksaam is vir eksterne pogings wat ‘n staatsgreep kon veroorsaak het:
# Forum for South Africa verwelkom die afhandeling van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se finansierings-aansoekproses voor die begin van die akademiese jaar. Altesaam 893-duisend-847 aansoeke is ontvang van studente wat die eerste keer aansoek doen, waarvan 609-duisend-403 vir finansiële hulp gekwalifiseer het. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê dis kommerwekkend dat 218-duisend-en-43 aansoeke steeds onvolledig is weens ontbrekende dokumente:
# Die stigter van Learnergy, die onderwys-entrepreneur Ntsako Mhlanga, vra leerders en ouers om gestruktureerde akademiese doelwitte te stel vir die nuwe skooljaar. Mhlanga sê onduidelike doelwitte, swak roetine en beperkte aanspreeklikheid is wat prestasie ondermyn, nie die leerders se vermoë nie. Sy moedig vakspesifieke teikens, deurlopende studieroetines en vroeë akademiese ondersteuning aan en beklemtoon doelbewuste beplanning bou leerders se selfvertroue:
# Een persoon is in aanhouding en ‘n ondersoek is aan die gang na ‘n voorval by die visepresident van Amerika, JD Vance se woning in Ohio. ‘n Federale wetstoepassingsbron sê die gesin was nie ten tye van die insident tuis nie. Owerhede dink nie die persoon het by die woning ingegaan nie. Foto’s deur plaaslike nuusagentskappe het skade aan die vensters getoon, maar dit is tans onduidelik wat presies gebeur het. CNN berig owerhede ondersoek of die persoon Vance of sy gesin geteiken het.
# Sokker: Tanzanië se hoofafrigter, Miguel Gamondi, het die Taifa Stars geprys vir hul dissipline, houding en dapperheid ná hul nederlaag teen Marokko in die Afrikabekertoernooi se ronde van 16 in Rabat. Die gasheer het deurgedring na die kwarteindronde. Gamondi sê sy span het Marokko takties geëwenaar voor ‘n vyandige skare. Hy beklemtoon die harde werk duur voort terwyl Tanzanië, Kenia en Uganda middel volgende jaar die 36ste AFCON-toernooi aanbied:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-47-sent teen die dollar, 19-rand-22-sent teen die euro en 22-rand-16-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-731-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-418-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 61-dollar-26-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….