Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 1 Februarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC se verkiesingskomitee verseker daar is ‘n gladde kandidaat-keuringsproses
# Die DA sê die Veelpartyhandves verteenwoordig ‘n demokratiese verandering vir Suid-Afrikaners
# En Wêreldrugby tree op teen aanlyn misbruikers tydens die Wêreldbeker-toernooi
# Die ANC se verkiesingskomitee het positiewe vordering met die kandidaat-keuringsproses vir die verkiesing aangekondig. Die proses sal na verwagting teen middel Februarie voltooi wees en sluit die benoeming van drie premierskandidate vir elke provinsie in. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het tydens ‘n inligtingsessie na ‘n vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee gesê kandidate sal later onderhoude ondergaan, en die tydsberekening sal deur die nasionale ampsdraers bepaal word ná die verkiesing:
Die DA het intussen ‘n beroep op jongmense gedoen om hul mag te herwin en te stem vir verandering in die komende verkiesing. Die DA-leier, John Steenhuisen, het tydens die Veelpartyhandves vir Suid-Afrika se kiesersregistrasiegeleentheid in Johannesburg die belangrikheid van jeugdeelname beklemtoon, en kiesers aangemoedig om in groot getalle te registreer. Hy beklemtoon om aandag te kan skenk aan uitdagings, insluitend beurtkrag en werkloosheid, moet die ANC van die mag onthef word.
# Die Landdroshof in Pretoria het die saak teen ‘n 34-jarige man wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde verkragting van ‘n 11-jarige meisie tot Woensdag uitgestel. News24 berig die man was ‘n onderwyser by ʼn elite meisieskool in die stad. Hy het homself vroeër die week aan die polisie oorgegee. Daar word beweer hy het die meisie by verskeie geleenthede aangerand en geïntimideer. Die beweerde verkragting het gedurende dieselfde tydperk van twee jaar plaasgevind. Die voorvalle het na bewering by die St Mary’s Diocesan School for Girls plaasgevind.
# Eskom brei sy ladingsbeperkingprojek in Gauteng uit om uitdagings met beurtkrag te omseil. Dit volg op ‘n suksesvolle loodsprojek in Fourways. Dit optimaliseer die gebruik van elektrisiteit in fases een- tot vier-beurtkrag. Die projek word in gebiede met slimmeters ingespan en beheer elektrisiteit op ʼn afstand. ʼn Woordvoerder van Eskom, Amanda Qithi, sê verbruikers sal ‘n uur voor beurtkrag boodskappe ontvang om verbruik te verminder om te verseker noodsaaklike toestelle bly werk:
# Rugby: ‘n Persoon in Australië verskyn binnekort in die hof nadat Wêreld Rugby opgetree het nadat spelers en wedstrydbeamptes aanlyn mishandel is tydens verlede jaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk. Vervolgings is ook hangende in Suid-Afrika, Frankryk, Australië, Nieu-Seeland en Brittanje. Wêreldrugby het tydens die toernooi ʼn vennootskap aangegaan met ʼn aanlyn moniteringsagentskap en meer as een-duisend-600 kwetsprofiele is op sosiale media uitgewys. Die skeidsregter in die eindstryd tussen die Springbokke en die All Blacks, Wayne Barnes, is een van die beamptes wat doodsdreigemente ontvang het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-64-sent teen die dollar, 20-rand-17-sent teen die euro en 23-rand-60-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-396-dollar-56-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-46-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-2-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….