Nuus 18:00
BULLETIN 17 November 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Voormalige lid van taakspan vir politieke moorde sê die ontbindingsbrief het hom soos ‘n weerligstraal getref
# BOSA ondersteun die nasionale optrede teen geslagsgeweld voor die G20-beraad
# En, Panyaza Lesufi bevestig geen bykomende fondse is gebruik vir G20-voorbereidings in Gauteng nie
# ‘n Voormalige lid van die taakspan vir politieke moorde, Ntate Khumalo, het by die Madlanga-kommissie getuig hulle was geskok toe ‘n brief virdie onmiddellike ontbinding van die taakspan, op sosiale media verskyn het. Khumalo het in Pretoria aan die kommissie gesê adie skielike aankondiging op 31 Desember verlede jaar het hom onseker gelaat oor hoe om dit met lede van die span te bespreek:
# BOSA sê geslagsgeweld is op ‘n vlak wat dringende nasionale optrede vereis. Die party ondersteun hierdie naweek se beplande optrede deur Women for Change South Africa, om die kwessie voor die G20-beraad by die Nasrec ekspo-sentrum in Johannesburg te belig. BOSA se adjunkleier, Nobuntu Hlazo-Webster, sê hulle sal aanhou veg vir meer beskerming vir vroue en kinders:
# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê provinsiale regeringsdepartemente het bestaande begrotings vir G20-voorbereidings gebruik, met die fokus op infrastruktuur, water, elektrisiteit en verfraaiing in die provinsie. Lesufi voeg by dat weeklikse vergaderings met LUR’e en munisipale leierskap verseker het dat take, soos die herstel van straatligte en verkeerstelsels, voltooi is. Hy het beklemtoon dat byna alle hotelle en vlugte vol bespreek is, wat toerisme ‘n hupstoot gee, en sê finale afronding duur voort totdat die geleentheid hierdie naweek begin:
# Rugby: Die Wallabies loop gevaar om die eerste keer sedert 1958 oorwinningloos uit die Noordelike Halfrond huis toe te gaan. Dit volg ná agtereenvolgende nederlae teen Engeland, Italië en Ierland, en boonop gee niemand hulle ‘n kans om Frankryk komende naweek te klop nie. Argentinië mik daarenteen die eerste keer om skoonskip te maak teen Europese kompetisie ná gister se verstommende oorwinning oor Skotland op Murrayfield. Hulle was ná bykans 60 minute 21-0 agter, maar het met vyf onbeantwoorde drieë teruggeveg en 33-24 gewen.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-9-sent teen die dollar, 19-rand-81-sent teen die euro en 22-rand-50-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-385-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-77-dollar-57-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-1-sent per vat.
# E n laastens, ‘n Hof in Singapoer het ‘n Australiese man tot nege dae tronkstraf gevonnis omdat hy die Hollywood-ster Ariana Grande by die première van ‘n rolprent gegryp het. Johnson Wen is skuldig bevind dat hy ‘n openbare oorlas was tydens die voorval by die Asië-première van Wicked: For Good verlede week. Video’s op sosiale media wys hoe Wen oor die versperrings spring, op ‘n sigbaar geskokte Grande afstorm en haar aan die skouers gryp. Die voorval het woede in Singapoer ontketen, waar baie mense vra vir Wen se inhegtenisneming en deportasie, omdat hy ‘n geskiedenis het van die ontwrigting van konserte en ander geleenthede.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….