Nuus 18:00
BULLETIN 10 Oktober 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Madlanga-kommissie se ondersoek na politieke inmenging word Maandag agter geslote deure hervat
# ACSA kondig vertragings aan met paspoortbeheer op die OR Tambo-lughawe
# En Israel publiseer ‘n lys van 250 gevangenes wat vrygelaat gaan word as deel van ‘n wapenstilstands-ooreenkoms met Hamas
# Die Madlanga-kommissie van ondersoek na bewerings van politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel hervat Maandag sy werksaamhede in die Bridgette Mabandla-Justisiekollege in Pretoria. Woordvoerder Jeremy Michaels sê as gevolg van die sensitiewe aard van die getuienis, beplan die kommissie om die verhore agter geslote deure te hou, wat beteken dat die media en publiek nie toegang tot die verrigtinge sal hê nie:
# Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika het bevestig dat die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng langer verwerkingstye by paspoortbeheer ervaar, wat aankomste sowel as vertrekkende passasiers raak. Geen amptelike rede is vir die vertraging verskaf nie. ACSA moedig internasionale reisigers aan om minstens drie ure voor hulle vertrektyd by die lughawe aan te kom sodat daar genoeg tyd is om die formaliteite af te handel.
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bevestig daar was gister ‘n swak tornado naby die Randse Lughawe in Germiston, Gauteng. Geen strukturele skade is ná grondassesserings gevind nie, slegs takke wat afgebreek het en plasse water weens swaar reën. Die woordvoerder, Lehlohonolo Thobela, sê hoewel tornado’s nie dikwels voorkom nie, is hulle steeds gevaarlik en die publiek word versoek om versigtig te wees tydens hewige donderstorms:
Moving abroad:
# Israel se Ministerie van Justisie het ‘n lys van 250 gevangenes gepubliseer wat as deel van ‘n wapenstilstands-ooreenkoms met Hamas vrygelaat sal word in ruil vir gyselaars wat steeds in Gaza aangehou word. Dit is sonder die name van verskeie senior Palestynse militante leiers wat as weerstand-simbole beskou word en wie se vrylating Hamas geëis het. Een van hulle is Marwan Barghouti, wat in 2004 tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir moord. Israel beskou hom as ‘n terroris, maar ondersteuners beskryf hom soms as die “Palestynse Mandela”.
# Krieket: Die Proteas begin die verdediging van hulle Wêreldtoetskampioenskaps-titel Sondag teen Pakistan in Lahore. Die span word gelei deur die T20-kaptein, Aiden Markram, in die afwesigheid van die beseerde Temba Bavuma. Hy hoop hulle voorbereiding op die droë, draaier-vriendelike kolfblaaie in Pretoria sal hulle help op die velde in die Suid-Asiatiese land wat na verwagting Pakistan se draaiboulers sal bevoordeel. Markram wys daarop dat beide spanne op dieselfde kolfblad moet kolf, wat die omstandighede uitdagend maak vir almal. Die tweede toets begin die 20ste in Rawalpindi.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-25-sent teen die dollar, 19-rand-96-sent teen die euro en 22-rand-92-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 121-duisend-358-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-985-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 63-dollar-56-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….