Nuus 18:00
BULLETIN 8 Oktober 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa staan ‘n spesiale amptelike begrafnis toe aan Nathi Mthethwa
# Malema verdedig Dianne Kohler Barnard van die DA in die Parlement
# En die Finansiële Intelligensiesentrum verhaal 144-miljoen-rand se misdadige opbrengste
# President Cyril Ramaphosa het ‘n spesiale amptelike begrafnis kategorie twee toegestaan aan die ontslape Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa. ‘n Gedenkdiens word tans in Parys gehou ná Mthethwa se dood verlede week nadat hy volgens berigte van die 22ste verdieping van die Hyatt Regency Hotel in Parys geval het. Sy liggaam sal na verwagting môre uit Frankryk vertrek en Vrydag in Suid-Afrika aankom. Die familie sê die begrafnis behoort Sondag te wees.
# Die leier van die EFF, Julius Malema sê die Parlement se ad hoc-komitee wat die kaping van die strafregstelsel ondersoek, mag geen parlementslede van die ondersoek verwyder nie. Malema het reageer op oproepe dat die DA-LP Dianne Kohler Barnard verwyder word oor bewerings dat sy geklassifiseerde inligting verkeerd hanteer het. Hy beklemtoon dat die komitee parlementêre reëls moet volg, ondanks die bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, voor die Madlanga-kommissie dat Kohler Barnard sensitiewe misdaadintelligensiedata verkeerd hanteer het:
# Die Finansiële Intelligensiesentrum het met behulp van die Bateverbeuringseenheid 144-miljoen-rand se misdadige opbrengste verhaal in die 2024/25 boekjaar, ‘n toename van 46-persent vanaf die vorige jaar. Die sentrum het ook 157-miljoen-rand geblok wat verband hou met vermeende misdaad. Die waarnemende direkteur, Pieter Smit, het aan eNCA gesê die meeste verhaalde fondse word verbind met bedrog, korrupsie en geldwassery en word in die staat se Nasionale Inkomstefonds inbetaal:
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, UNISA en die Universiteit van KwaZulu-Natal het die rol van finansiële insluiting in die vermindering van armoede, billike groei en maatskaplike bestendigheid beklemtoon. Die partye het vandag tydens ‘n G20-stadsaal-uitreik in Durban beklemtoon finansiële insluiting skep toegang vir ekonomiese ontwikkeling om grondvlak-ekonomieë te bevoordeel. Die vergadering volg ná voriges in Pretoria, Mbombela en Kaapstad, en versterk Suid-Afrika se G20-presidentskapsvoorkeure en volhoubare ontwikkelingsdoelwitte.
# Sokker: Die afrigter van Suid-Afrika se onder-20 mans, Raymond Mdaka, sê sy span weet wat om te verwag wanneer hulle vanaand in Chili teen Colombië speel in die onder-20 Wêreldbekertoernooi se ronde van 16. Amajita was tweede in Groep E met ses punte na oorwinnings oor Nieu-Caledonië en Amerika. Mdaka sê Colombië is gedissiplineerd en georganiseerd, maar die Amajita kan die ruimtes aanval. Hy verwelkom die volgehoue eenheid van die span:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-16-sent teen die dollar, 19-rand-20-sent teen die euro en 23-rand-5-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 122-duisend-917-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-40-dollar-31-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 65-dollar-99-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….