Nuus 18:00
BULLETIN 20 Julie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Nasionale ondersoek begin na die regstelsel se hantering van geslagsgeweld
# Die Forum for South Africa verwelkom die Madlanga-kommissie se besluit om die hoof van Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie te dagvaar
# En gholf, die Suid-Afrikaner Casey Jarvis is nou 63ste op gholf se wêreldranglys
# Die Kommissie vir Geslagsgelykheid, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en die Kommissie vir Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe het ‘n gesamentlike nasionale ondersoek begin na die strafregstelsel se reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord. Die eerste fase sal slagoffers se ervarings en voorverhoorprosesse ondersoek, insluitend polisie-ondersoeke, slagofferondersteuning en vervolging. Die woordvoerder Sphezulu Zulu sê skriftelike en mondelinge voorleggings deur slagoffers, gesinne, die burgerlike samelewing en regskenners sluit 3 Augustus.
# Die Forum for South Africa verwelkom die Madlanga-kommissie se besluit om die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie se hoof, Andrea Johnson, te dagvaar nadat sy versuim het om verlede Maandag voor die kommissie te verskyn. Sy word van onbehoorlike gedrag beskuldig nadat sy na bewering in 2018 ‘n aanrandingsdossier teen die Misdaadintelligensie-hoof, Feroz Khan, met hom gedeel het. FOSA-leier Tebogo Mashilompane sê die uitreiking van ʼn dagvaardiging wys almal, ongeag posisie of amp, word aanspreeklik gehou:
Intussen het die Activists and Citizens Forum weer gevra vir die ontbinding van die Onafhanklike Direktoraat Teen Korrupsie na getuienis voor die Madlanga-kommissie. Woordvoerder Dennis Bloem sê senior ondersoeker Brian Padayachee se getuienis het beweerde misbruik binne die eenheid blootgelê rondom die arrestasie van die hoof van Misdaadintelligensie, luitenant-generaal Dumisani Khumalo, en ses ander senior offisiere vir bedrog en korrupsie wat met onreëlmatige aanstellings verbind word. Hy het die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, versoek om die Direktoraat te ontbind:
# Die Stad Tshwane sê hy hersien die Openbare Beskermer se voorlopige bevindings oor die toepassing van voedselveiligheid-regulasies by spazawinkels in Gauteng. Die ondersoek is begin ná talle voorvalle van voedselvergiftiging in 2024. Volgens die bevindings het munisipaliteite in die provinsie versuim om voedselveiligheidsregulasies toe te pas. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, Sarah Mabotsa, sê dis belangrik dat spazawinkels en ander ondernemings wat voedsel hanteer die regulasies nakom:
# Gholf: Die Suid-Afrikaanse Ope-kampioen Casey Jarvis het die naweek die beste uitslae van sy loopbaan bereik toe hy gesamentlike sesde geëindig het in die Ope-kampioenskap by Royal Birkdale Hy is nou in die 63ste plek op die amptelike gholf wêreldranglys. Jarvis, wat gekwalifiseer het danksy sy oorwinning in die SA Ope in Stellenbosch vroeër vanjaar, het ‘n laaste rondte van 66 gespeel om as die voorste Suid-Afrikaner op ses onder baansyfer te eindig, vier houe agter die kampioen Ryan Fox van Nieu-Seeland.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-51-sent teen die dollar, 18-rand-84-sent teen die euro en 22-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-357-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-3-dollar-51-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 86-dollar-32-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….