Nuus 18:00
BULLETIN 9 September 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa bevestig Suid-Afrika sal ‘n hoogs ervare en bekwame ambassadeur na Amerika stuur
# Israel teiken senior Hamas-leiers
# En sokker: Nigerië fokus net op die Wêreldbeker-kwalifiseerder teen Bafana
# President Cyril Ramaphosa sê die regering gaan binnekort ‘n nuwe ambassadeur na Amerika aanstel. Hy het op vrae in die Parlement geantwoord die gekose kandidaat sal ervare en goed afgerond wees en kennis hê van globale politiek en die Amerikaanse mark. Hy het aangedui dat verskeie aansoekers belangstelling getoon het, en sê die aanstellingsproses weerspieël die behoefte aan bekwame diplomate in vandag se ingewikkelde geopolitieke omgewing:
Ramaphosa sê ook die hoof van die Weermag, Rudzani Maphwanya, se voorafbeplande besoek aan Iran het nie Suid-Afrika se internasionale betrekkinge geskaad nie. Hy het beklemtoon dat Suid-Afrika die soewereine verhoudings van ander lande respekteer en dieselfde van hulle verwag:
# Die Money Summit in die Sandton-konferensiesentrum in Johannesburg het leiers in beleggings en finansies byeengebring om Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte, beleggingspotensiaal en die toekoms van finansies en rekeningkunde te beoordeel. Besprekings fokus op wêreldwye en plaaslike ekonomiese gevare, geopolitiek, stadige ekonomiese groei en strukturele uitdagings. Regeringstrategieë soos Operasie Vulindlela, tesame met skuldverminderingspogings om Suid-Afrika van die gryslys te verwyder, is daarop gemik om groei en beleggersvertroue te stimuleer.
Nuus uit die buiteland:
# Die Israelse Weermag sê hulle het senior Hamas-leiers geteiken. Dit volg nadat AFP-joernaliste in Doha berig het oor ontploffings en rook oor die Katarse hoofstad waar die politieke kantoor van die Palestynse groep gesetel is. Die Weermag sê hulle het die aanval spesifiek uitgevoer om die senior leierskap van Hamas te teiken, sonder om te sê waar dit plaasgevind het. Die gewapende vleuel van die Palestynse militantegroep Hamas het intussen aanspreeklikheid aanvaar vir gister se skietaanval in Jerusalem waarin ses mense dood is.
# Sokker: Nigerië se afrigter, Eric Chelle, beskryf vanaand se deurslaggewende Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd teen Suid-Afrika as ’n groot kragmeting. Hy sê hulle fokus net op die wedstryd ondanks Bafana Bafana se voortgesette geelkaart-geskil. Chelle sê die wêreldbeheerliggaam FIFA moet enige dissiplinêre kwessies besleg. Hy beklemtoon dat sy spelers gemotiveerd en reg is om die beste sokker te speel wat hulle kan:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-50-sent teen die dollar, 20-rand-53-sent teen die euro en 23-rand-70-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 112-duisend-236-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-649-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-87-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….