Nuus 18:00
BULLETIN 4 September 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Departement van Verdediging vra die uitstel van die BRICS-Vlootoefening weens verbintenisse van die G20-presidentskap
# ‘n Forum prys polisiekommissaris Masemola dat hy ferm staan teen druk oor 121 dossiere
# En sokker: Die regering beloof 82-miljoen-rand vir video-skeidsregter-tegnologie
# Die Departement van Verdediging voer tans gesprekke om die gesamentlike BRICS-Vlootoefening uit te stel. Dis oorspronklik vir November geskeduleer. Die oefening, wat elke twee jaar tussen Suid-Afrika, Rusland en China gehou word, sal na verwagting nou op ‘n latere, wedersyds-geskikte datum plaasvind. Siphiwe Dlamini van die departement sê die uitstel word benodig om ontwrigting van logistieke, veiligheids- en ander reëlings te vermy in verband met Suid-Afrika se G20-presidentskap.
# Die Activists and Citizens Forum het die nasionale polisiekomissaris, Fannie Masemola, geprys dat hy nie onder politieke druk swig oor die 121 dossiere van die KwaZulu-Natalse politieke moorde-taakspan nie. Die forum loof Masemola dat hy met die ondersoek voortgaan ondanks druk van president Cyril Ramaphosa en die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, moedig Masemola aan om die polisie se grondwetlike mandaat te handhaaf:
# ActionSA het die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, versoek om die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste, Sithembiso Zungu, te skors. Dit volg nadat die Valke onthul het hy het voordeel getrek uit City Dev, gekoppel aan ‘n Lehae-behuisingsprojek. Zungu het na bewering geld ingevorder wat eintlik beskermingsfooie is, en daar is bewyse van verdagte banktransaksies. ActionSA in Johannesburg se koukusleier, Marcel Coutriers, eis dat hy opsystaan hangende die ondersoek:
# Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika het ‘n rekord-netto-wins van 5,3-miljard-rand getoon vir die jaar tot einde Maart, ’n styging van 14,4 persent. Dis gesteun deur hoër netto-rente-inkomste en billike waarde-opbrengste. Die uitvoerende hoof, Boitumelo Mosako, sê volgehoue inkomste het met 13,7-persent to 5,1-miljard-rand gegroei, terwyl afbetalings op die leningsboek ’n rekordvlak van 27,4-miljard-rand behaal het. Mosako beklemtoon die bank se sterker posisie maak dit moontlik om projekvoorbereiding uit te brei en munisipaliteite te ondersteun, terwyl finansiële volhoubaarheid en ontwikkelingsuitkomste gehandhaaf word.
# Sokker: Die Department van Sport, Kuns en Kultuur het belangrike vooruitgang met die instelling van tegnologie vir die video-assistentskeidsregter aangekondig en 82-miljoen-rand van sy huidige begroting beloof om dit te verwesenlik. Mylpale is bereik in samewerking met die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging en die Premierliga, soos die uitreiking van ‘n versoek om voorstelle en belyning met FIFA-standaarde. Die regering sê die fondse dek die tegnologie, opleiding en voorbereiding van stadions. Minister Gayton McKenzie vra die dringende instelling gedurende die huidige boekjaar om regverdigheid, integriteit en internasionale aansien te verhoog.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-79-sent teen die dollar, 20-rand-71-sent teen die euro en 23-rand-89-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-950-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-542-dollar-17-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-70-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….