Nuus 18:00
BULLETIN 15 Julie 6 nm
Goeiemôre/Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Presidensie sê ‘n waninligtingsveldtog probeer om Suid-Afrika se reputasie te skaad
# Die sakeman Suliman Carrim se regsverteenwoordiger verwerp bewerings oor mediese bewyse
# En, sokker, die Franse media kritiseer die land se span na hul halfeind-nederlaag teen Spanje
# Die Presidensie sê Suid-Afrika is die teiken van ‘n waninligtingsveldtog wat daarop gemik is om die land van die res van Afrika te isoleer. Dit volg na kommer deur sommige Afrikalande oor beweerde xenofobiese geweld in Suid-Afrika. Die regering verwerp die bewerings en hou vol daar is geen bewyse van wydverspreide xenofobiese aanvalle nie. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, het aan die media gesê ‘n naamlose land lei die veldtog om vals inligting oor Suid-Afrika te versprei:
# Sakeman Suliman Carrim se regsverteenwoordiger, advokaat Kameel Premhid, verwerp voorstelle dat sy kliënt se afwesigheid by die Madlanga-kommissie ongeregverdig is. Premhid het aangevoer kundige bewyse ondersteun Carrim se mediese toestand. Premhid kritiseer die tydsberekening van die bewerings oor Carrim se bewegings en sê dit moenie gebruik word om mediese bewyse te ondermyn nie. Hy waarsku ook daarteen om Carrim se wettige sakebedrywighede met staatsinstellings met bewerings van wangedrag te verbind:
# Die leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, sê die Stad Kaapstad sal Suid-Afrika se eerste speurtak vir die metropolisie stig indien die party na die plaaslike regeringsverkiesing in November beheer oor die metro behou. Die party se burgemeesters-kandidaat het tydens ‘n optog in Delft gesê byna 200 speurposte bly vakant in die stad se polisiestasies, wat strafregtelike ondersoeke vertraag en baie sake onopgelos laat:
# Johannesburg sê hy sal handhawing verskerp nadat bevind is eienaars en inwoners van Marble Towers ignoreer steeds ‘n Hooggeregshofbevel. Die burgemeester Dada Morero, vergesel deur burgemeesterskomiteelede Eunice Mgcina en Nomoya Mnisi, het die gebou nagesien en bevind onwettige handel in verbode gebiede duur voort. Morero sê die stad sal onwettige handel staak, strukture wat nie voldoen nie beveilig en indien nodig terugkeer na die hof om nakoming van die uitspraak af te dwing.
# Sokker: Die Franse media het die span gekritiseer wat teen Spanje verloor het in die halfeindronde van die Wêreldbekertoernooi, nadat hy ‘n gunsteling was om Sondag die beker te wen. Die 2010-kampioen het Frankryk se Bastilledag-vieringe bederf met ‘n klinkende oorwinning van 2-0 in Dallas. L’Equipe het die onderskrif “gevalle ster” onder ‘n foto van ‘n verslae Kylian Mbappé geplaas en sê die span was magteloos om die Spanjaarde te keer. Hy gee die kaptein ‘n punt van drie uit tien, saam met Ousmane Dembele en Michael Olise, asook afrigter Didier Deschamps, wat na 14 jaar die span verlaat.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-33-sent teen die dollar, 18-rand-67-sent teen die euro en 21-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-191-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-63-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 83-dollar-64-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….