Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 19 Januarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In hierdie bulletin:
# Ramaphosa prys die geskiedkundige matriek-slaagsyfer van 82,9-persent
# Fase 2-beurtkrag word verleng tot Sondag weens verbeterde opwekkingsvermoë
# En, rugby: Twee 15’s-spelers maak hulle debuut vir die Blitsbokke in die wêreldreeks
# President Cyril Ramaphosa prys die 2023-matrieks vir die geskiedkundige slaagsyfer van 82,9-persent, die hoogste in die geskiedenis van die nasionale senior sertifikaat. Die president het leerders, onderwysers en ouers toegejuig oor hul veerkragtigheid tydens die Covid-19-pandemie. Die uitslae toon ook die hoogste aantal universiteits-toelatings en onderskeidings wat ooit aangeteken is. Dit is ‘n verbetering van 2,8-persentasiepunte teenoor 2022, en die neiging dui op verbintenis tot opvoedkundige vooruitgang. Ramaphosa vertolk die uitslae as ‘n bewys van 30 jaar se vooruitgang in vryheid en demokrasie, wat die strewe na omvattende ontwikkeling aanmoedig.
# Eskom het aangekondig fase twee-beurtkrag sal tot Sondag-oggend 5-uur ingestel bly, weens ‘n opwekkingseenheid wat weer werkend is en verminderde beurtkragverliese. Daarna sal fase een van krag wees, vanaf 5-voormiddag tot 4-namiddag op Sondag, met verdere inligting wat in die middag verwag word. Onbeplande onderbrekings raak 13-duisend-792 megawatt, en beplande instandhouding veroorsaak dat agt-duisend-484 megawatt buite werking is. Kragstasie-bestuurders probeer om teen Sondagaand twee-duisend-150 megawatt te herstel. Eskom bepleit volgehoue pogings om druk op die kragnetwerk te verminder.
# Die vakbondfederasie Cosatu is woedend oor wat hy noem die mishandeling van 14-duisend Poskantoor-werknemers. Hulle beskuldig die bestuur van die vasstelling van ‘n skandalige salarisverlaging van 40-persent te midde van wanbestuur. Die federasie beskou die aflegging van ses-duisend werkers, die nie-betaling van agterstallige salarisse asook om toegang te ontsê tot ‘n mediese fonds, as misdaad wat die aandag van wetstoepassingsagentskappe noodsaak. Matthew Parks van Cosatu pleit by die regering om kritieke wetgewing vir die herlewing van die Poskantoor, en eis billike vergoeding en herkapitalisering om bestendigheid te verseker:
# ‘n Vrou wat van moord en versekeringsbedrog aangekla word, is borgtog geweier in die Landdroshof in Molopo, Noordwes. Agnes Setshwantsho is in Centurion aangekeer nadat sy van die moord op familielede vir versekeringseise verdink is. ‘n Span speurders het haar ná ‘n noukeurige ondersoek verbind met ‘n verdagte dood in Mmabatho, wat tot die opgrawing van liggame gelei het. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder,r Henry Mamothame, sê die moontlikheid om verdere aanklagte by te voeg, kan nie uitgesluit word nie, aangesien ondersoeke voortduur:
# Rugby: Die hoofafrigter van die Springbok Sewes, Sandile Ngcobo, het David Brits van die Cheetahs en Tristan Leyds van die Westelike Provinsie in die Blitsbok-span ingesluit vir die wêreldreeks-toernooi in Perth, Australië. Die groep word aangevoer deur Selvyn Davids en vertrek môre na Australië. Ngcobo het ook die stut James Murphy en die spelskeppers Donovan Don en Ricardo Duarttee gekies. Impi Visser, Justin Geduld, Dewald Human en Rosko Specman kry ʼn blaaskans en sal weer by die span aansluit vir volgende maand se reis na Vancouver en Los Angeles.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-4-sent teen die dollar, 20-rand-71-sent teen die euro en 24-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 41-duisend-138-dollar-29-sent. Die prys van goud is twee-duisend-32-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-44-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….