Nuus 18:00
BULLETIN 21 Junie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Twaalf moordbeskuldigdes van die Weermag word nou ook aangekla van nog twee moorde
# Die Staatsdiensvakbond sê die Openbare Beleggingskorporasie het 150-miljoen-rand verloor met Daybreak Farms
# En president Putin sê Rusland wend pogings aan om Iran te ondersteun, maar gee nie besonderhede nie
# Twaalf lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het vandag in die Randburgse Landdroshof in Gauteng verskyn in verband met die moord op ‘n offisier van die Valke, Frans Mathipa, in 2023. Hulle word nou ook aangekla van twee bykomende moorde, en ook van ontvoering, bedrog en regsverydeling. Die Valke se woordvoerder, Christopher Singo, sê die saak is uitgestel tot volgende Dinsdag vir formele borgtogaansoeke, wat die staat sal teenstaan:
# Die Vereniging van Staatsamptenare moedig die minister van Finansies, Enoch Godongwana, aan om die Openbare Beleggingskorporasie verantwoordelik te hou vir die wanbestuur van staatsamptenare se pensioenfonds. Volgens die vakbond het meer as 150-miljoen-rand verlore gegaan na die mislukte belegging in Daybreak Farms, wat geen voordeel vir die pensioentrekkers ingehou het nie. Claude Naiker van die vakbond vra die onmiddellike verwydering van die korporasie se raad, en vir totale deursigtigheid met betrekking tot die verliese.
# Rusland se president, Vladimir Putin, het die aanvalle op Iran beskryf as sonder aanleiding en ongeregverdig tydens ‘n vergadering met Teheran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi. Moskou is ‘n uiters belangrike ondersteuner van Iran, maar het nie daadwerklik steun aan die land gebied nie, selfs nadat Amerika aanvalle geloods het op Iran se kern-aanlegte. Putin het homself as bemiddelaar posisioneer, maar die Amerikaanse president, Donald Trump, het dit verwerp. Putin sê Rusland berei voor om Iran se mense te help, maar nie uitgebrei nie.
# Sokker: Orlando Pirates het die Marokkaan, Abdeslam Ouaddou, as sy nuwe hoofafrigter vir die komende seisoen aangestel. Hy neem oor by José Riveiro, wat na drie suksesvolle jare by Al Ahly aangesluit het. Daar word verwag dat Ouaddou, wat 68 internasionale wedstryde vir Marokko gespeel en ‘n sterk Europese agtergrond het, die Buccaneers na ‘n nuwe era sal lei. Sy aanstelling volg terwyl ondersteuners vir Rulani Mokwena se terugkeer gevra het. Voorseisoense voorbereiding begin Vrydag met ‘n toer na Marbella in Spanje vir vriendskaplike wedstryde teen top Europese klubs.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-2-sent teen die dollar, 20-rand-76-sent teen die euro en 24-rand-27-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 101-duisend-998-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-382-dollar-45-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 74-dollar-97-sent per vat.
# En ten slotte: Die Suid-Afrikaanse Weerdiens vra groter samewerking met die media, rampbestuursowerhede en gemeenskappe om sy weerwaarskuwings te verbeter. Die diens se hoof van ramprisiko-vermindering, Rudzani Malala, het op ‘n nuuskonferensie gesê die onlangse Oos-Kaapse vloede het ondanks vroeë waarskuwings lewensverlies en ontworteling veroorsaak. Malala sê daar moet meer gedoen word om te verseker waarskuwings word wyd verstaan om vinnige reaksie te verseker, veral in kwesbare gemeenskappe:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….