Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 18 Januarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA aanvaar Ghaleb Cachalia se bedanking wat onmiddellik van krag is
# ‘n Voormalige burgemeester van Johannesburg vra introspeksie oor waarom die DA leiers verloor
# En, rugby: Oud-Bok Elton Jantjies word vir vier jaar geskors oor die gebruik van ‘n verbode middel
# Die DA-parlementslid, Ghaleb Cachalia, het bedank met verwysing na onenigheid oor die party se standpunt rakende die Gaza-konflik. Die party aanvaar die bedanking, wat onmiddellik van krag is, maar verwerp Cachalia se redes, en beklemtoon die DA se verbintenis tot vrede en ‘n tweestaat-oplossing. Hulle beskuldig hom dat hy partyprosesse geminag en koukusbesluite oortree het. Die DA-lid, Solly Malatsi, het aanvalle op koalisievennote, die burgerlike samelewing en interne stelsels van die hand gewys en pogings verwerp om die DA-leier, John Steenhuisen, die sondebok te maak:
Al Jama-ah het intussen ‘n oorwinning vir Suid-Afrika geëis, aangesien die Verenigde State en Israel sekere beskuldigings teen Hamas teruggetrek het. Die party sê hy neem kennis van die groeiende internasionale steun vir Suid-Afrika se stap om Israel na die Internasionale Geregshof in Den Haag te neem oor beweerde volksmoord op Palestyne. Die party se leier, Ganief Hendricks, dring aan op die voortsetting van die solidariteitsveldtog ter ondersteuning van Palestina. Hy sê in ‘n verklaring hy beplan om ‘n klagte teen die ACDP in te dien omdat hy die Palestynse volksmoord ontken het:
Die voormalige Johannesburgse burgemeester, Mpho Phalatse, het intussen gevra vir introspeksie oor die redes waarom die DA leiers verloor. Dit volg op die bedanking van ‘n DA-lid van die Gautengse wetgewer, Khume Ramulifho, ná 25 jaar se diens. Hy sê die DA het afgewyk van sy mandaat oor inklusiwiteit vir alle Suid-Afrikaners. Ramulifho het hom nou by Rise Mzansi aangesluit en sê dit is ‘n party wat hy glo Suid-Afrikaners kan verenig. Phalatse het spyt uitgespreek oor sy vertrek en aan eNCA gesê hy was ‘n goeie leier vir die DA:
# Rugby: Die voormalige Springbok-losskakel, Elton Jantjies, is vir vier-jaar geskors nadat hy in Augustus verlede jaar positief getoets het vir ‘n verbode middel. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport sê die venstertydperk vir enige moontlike appèl het verval, met berigte wat aandui dit kan die einde van sy loopbaan beteken. Die 33-jarige Wêreldbeker-wenner in 2019 het die afgelope paar jaar opslae gemaak vir al die verkeerde redes, eers omdat hy in hegtenis geneem is vir die beskadiging van ‘n vliegtuig tydens ‘n vlug in 2022, en toe oor sy beweerde verhouding met die Bokke se dieetkundige, Zeenat Simjee, later daardie jaar.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-99-sent teen die dollar, 20-rand-61-sent teen die euro en 24-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-521-dollar-59-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-10-dollar-41-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-29-sent per vat.
# Om mee af te sluit: Die Guinness-wêreldrekords het Bobi die hond se ouderdom in twyfel getrek en sy titel as die wêreld se oudste hond opgeskort. Bobi het in Oktober verlede jaar op 31-jaar-en-agt maande gevrek nadat hy as die oudste lewende hond verklaar is. Die opregte Rafeiro se rekord-status as die wêreld se oudste hond ooit, wat ‘n vorige rekord van byna ‘n eeu geklop het, word nou hersien. Skeptici wys verskille in Bobi se voorkoms uit, maar die eienaar, Leonel Costa, bly vasberade en skryf Bobi se lang lewe aan ‘n natuurlike dieet toe. Guinness-resensie vra ‘n tydelike uitstel van die titels van die oudste lewende hond en die oudste hond ooit.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….