Nuus 18:00
BULLETIN 12 Junie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die kabinet verwerp bewerings van rasgerigte plaasaanvalle te midde van die jongste misdaadsyfers
# Die Indiese polisie vermoed niemand het vandag se vliegongeluk in Ahmedabad oorleef nie
# En krieket: Indië het ‘n eerstebeurt-voorsprong van 74 op die Proteas in Londen
# Die kabinet ontken bewerings dat plaasaanvalle en -moorde rasgemotiveerd is. Hy sê die jongste misdaadstatistieke ondersteun nie die voorstelling dat wit boere geteiken word nie. Die kabinet herhaal amptelike misdaad-data klassifiseer nie slagoffers volgens ras nie. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het die publiek aangespoor om staat te maak op bevestigde data en nie waninligting te versprei wat rassespanning kan aanhits nie:
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, waarsku die uitbreking van bek-en-klouseer sal verbruikers in die korttermyn raak. Hy het tydens die Rooivleis-abattoirvereniging se 31ste konferensie in Somerset-Wes in Kaapstad aan die media gesê 900-duisend dosisse entstof sal beskikbaar gestel word sodra dit vanaf Botswana se Entstof-instituut ontvang is. Die minister sê vleisvervoerbeperkings het ‘n ekonomiese invloed op slagpale:
# Die plaaslike polisie glo dis onwaarskynlik dat daar oorlewendes is nadat ‘n vliegtuig van Air India naby Ahmedabad se lughawe op ‘n woongebied neergestort het. Die Boeing 787-8 Dreamliner was onderweg na die Gatwick-lughawe in Londen met 242 mense aan boord, insluitend 169 Indiërs, 53 Britte, sewe Portugese en ‘n Kanadees. Kanan Desai van die stadspolisie het aan Reuters gesê meer as 200 liggame is reeds op die ramptoneel herwin, wat waarskynlik mense in die vliegtuig sowel as op die grond insluit.
# Israel sê Hamas gebruik swaarkry as ‘n wapen in Gaza. Dit volg na beskuldigings deur ‘n Amerikaans- en Israelies-gesteunde liefdadigheidsorganisasie dat die Palestynse militantegroep vyf van sy hulpwerkers in die gebied vermoor het. Die verspreiding van voedsel en basiese voorrade in die versperde, oorloggeteisterde Gazastrook raak al meer gespanne en gevaarlik, en vererger die hongersnood. Die Gaza Humanitêre Stigting sê minstens vyf Palestynse hulpwerkers is dood toe ‘n bus met van sy personeel op pad na ‘n verspreidingsentrum naby die suidelike stad Khan Yunis aangeval is.
# Krieket: Suid-Afrika is vir net 138 uitgeboul ondanks ‘n terugvegpoging deur kaptein Temba Bavuma en David Bedingham op die tweede dag van die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap teen Australië op Lord’s in Londen. Dit gee aan Australië ‘n eerstebeurt-voorsprong van 74 lopies. Bedingham het 45 aangeteken voor hy een van Pat Cummins se ses slagoffers geword het en Bavuma het 36 bygedra voor die Australiese kaptein hom ook uitgehaal het. Cummins het net 28 lopies afgestaan in sy 18 boulbeurte en sy 300ste paaltjie ingeoes.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-76-sent teen die dollar, 20-rand-58-sent teen die euro en 24-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-523-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-391-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-70-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….