Nuus 18:00
BULLETIN 21 Mei 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BTW bly op 15-persent terwyl die Tesourie voorkeur gee aan openbare insette bo die uitbreiding van inkomste
# Fietsry: Die Tour de France se laaste skof gaan Montmartre insluit
# En die bekende Suid-Afrikaanse juwelier en filantroop Jenna Clifford sterf op 64
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die BTW-koers sal onveranderd bly op 15-persent, met die Nasionale Tesourie wat voorkeur gee aan openbare raadpleging bo die verhoging van inkomste. Hy het in sy begrotingsrede gesê hoewel die verhoging van BTW fiskale hulpbronne kon versterk, is die besluit om dit onveranderd te hou, beïnvloed deur kommer oor die uitwerking daarvan op armes. Godongwana het beklemtoon dat enige toekomstige aanpassings breë betrokkenheid en versigtige oorweging sal vereis:
Godongwana het ook ‘n bykomende 7,5-miljard-rand aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens toegeken oor die mediumtermyn om belasting-invordering te verbeter en onwettige handel te bestry. Die geld sal help om stelsels te moderniseer en pogings tot inkomsteherwinning te bevorder. Godongwana het in die hersiene begrotingsrede gesê dat die belegging na verwagting tot 50-miljard-rand per jaar in bykomende inkomste kan inbring, wat die behoefte aan verdere belastingverhogings sal verminder:
Godongwana het ook die begroting vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se vredesending in die Demokratiese Republiek die Kongo verminder. Die begroting om die soldate veilig te onttrek het egter tot drie-miljard-rand gestyg. Godongwana het in sy begrotingsrede gesê hierdie verskuiwing weerspieël die beplande gefaseerde onttrekking uit die DRK, met meer fokus op kostedekking om die soldate en toerusting veilig terug te besorg:
# Fietsry: Die Tour de France se laaste skof sal drie rondes deur die geskiedkundige Montmartre-distrik van Parys insluit. Die nuwe formaat van die laaste skof op 27 Julie sal waarskynlik nie die wenner van die wedren van 21-dae bepaal nie, maar voeg ‘n nuwe kinkel by. Die fietsryers sal 16,8-kilometer in Montmartre jaag voor die peloton drie rondes rondom die Champs-Élysées sal voltooi in plaas van die vorige agt, en eindig met ’n massa-snelrit in die skadu van die Arc de Triomphe.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-92-sent teen die dollar, 20-rand-32-sent teen die euro en 24-rand-6-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-606-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-301-dollar-11-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 65-dollar-17-sent per vat.
# En laastens, die bekende Suid-Afrikaanse juwelier en filantroop, Jenna Clifford, is op 64-jarige ouderdom oorlede na ‘n stryd teen kanker. Sy is vreedsaam oorlede, omring deur haar familie. Clifford is geprys vir haar kreatiewe uitnemendheid, vriendelikheid en vrygewigheid. Haar familie het haar beskryf as ‘n mentor, ikoon en leier. ‘n Privaat begrafnis sal gehou word, met ‘n openbare gedenkdiens in Johannesburg wat binnekort sal volg.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….