Nuus 18:00
BULLETIN 19 Mei 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die hala Phala-verhooor begin in September
# Rayno Nel van Suid-Afrika word bekroon as die wêreld se sterkste man
# En ‘n borsbeeld van Jim Morrison van The Doors word gevind na 37-jaar
# Die verhoor van drie beskuldigdes wat verbind word met die diefstal op president Cyril Ramaphosa se wildsplaas in Limpopo, Phala Phala, is uitgestel tot 15 September en sal tot 8 Oktober duur. Imanuwela David, Froliana Joseph en Ndilinasho Joseph het weer in die Streekshof in Modimolle verskyn, waar die verhoor uitgestel is aangesien Froliana hoogswanger is. Mashudu Malabi-Dzhangi van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die drie staan tereg op aanklagte wat huisbraak en geldwassery insluit:
# Die Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders eis dat die regering ‘n algehele verbod op pluimvee-invoere uit Brasilië vermy nadat voëlgriep in Rio Grande do Sul uitgebreek het. Brasilië verskaf meer as 84-persent van Suid-Afrika se pluimvee-invoere. Die vereniging beveel ‘n streeksgerigte benadering aan, soos dit reeds in lande soos Japan en die Verenigde Arabiese Emirate toegepas word om prysstygings, werksverliese en voedselonsekerheid te vermy. Die uitvoerende hoof, Imameleng Mothebe, waarsku ‘n volledige verbod kan kwesbare gemeenskappe benadeel.
# AfriForum verwelkom die SABC se besluit om die Afrikaanse TV-nuus vanaf Julie weer na ’n vroeër tydgleuf op SABC2 te skuif, ná openbare teenreaksie oor die oorspronklike skeduleveranderinge. Die burgerregte-organisasie glo die besluit bevestig die krag van openbare druk en veldtogte. Hulle waarsku egter dat die skade aan kykers en adverteerders moontlik moeilik sal wees om om te keer. Alana Bailey van AfriForum het beloof om seker te maak die uitsaaier kom sy beloftes oor verbeterde Afrikaanse programme na:
# Nou sportnuus: Die Suid-Afrikaanse nuweling Rayno Nel het geskiedenis gemaak in Sacramento deur vanjaar se titel as die Wêreld se Sterkste Man te verower. Hy het daarmee die eerste uit Afrika en die eerste nuweling-wenner sedert 1997 geword. Die voormalige rugbyspeler het vroeg in die kompetisie ’n voorsprong opgebou en dit behou deur die uitmergelende Flintstone-gewigstange en Atlas-stene-eindstryd. Nel, wat twee keer Suid-Afrika se Sterkste Man was, het die verdedigende kampioen, Tom Stoltman van Brittanje, met slegs ’n halfpunt te klop, terwyl die Kanadees Mitchell Hooper derde was.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-5-sent teen die dollar, 20-rand-29-sent teen die euro en 24-rand-11-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 103-duisend-361-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-232-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 64-dollar-87-sent per vat.
# En laastens, die Franse polisie het per toeval die lang-verlore borsbeeld van die Amerikaanse sanger Jim Morrison opgespoor, 37-jaar nadat dit van die graf van die ikoniese hoofsanger van The Doors gesteel is. Die beeld, wat sedert 1988 vermis was, is ontdek tydens ’n deursoeking wat verband hou met ’n bedrogsaak onder leiding van die Paryse openbare aanklaer. Nostalgiese rock-aanhangers stroom steeds na Morrison se graf in ‘n begraafplaas in Parys, waar hy in 1971 op die ouderdom van 27 begrawe is nadat hy in die Franse hoofstad dood is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….