Nuus 18:00
BULLETIN 9 Mei 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die NVG vra hulp om Joslin Smith op te spoor terwyl die vonnisoplegging voortduur
# ActionSA sê Orania en Kleinfontein simboliseer verdeling en nie kultuur nie
# En sokker: Sala is die derde keer joernaliste se Speler van die Jaar
# Die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap doen ’n beroep op enige persone met enige inligting oor waar Joslin Smith nou mag wees om vorentoe te kom. Sy het in Februarie verlede jaar uit haar huis in Saldanhabaai verdwyn en haar ma, Kelly Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn is skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel. Die vonnisoplegging is vir 29 Mei vasgestel. Eric Ntabazalila van die NVG sê die soektog na Joslin duur voort:
# ActionSA het Orania in die Noord-Kaap en die Afrikaner-nedersetting Kleinfontein naby Pretoria verwerp as simbole van apartheid-nostalgie eerder as kulturele gemeenskappe. Die party sê hierdie enklawes misbruik die Grondwet om rasseskeiding te regverdig en bevorder eerder vrees en verdeeldheid as eenheid. Lerato Ngobeni van ActionSA het tydens ‘n Parlementsitting die ANC daarvan beskuldig dat hy apartheid se nalatenskap laat voortleef onder die dekmantel van kulturele uitdrukking:
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê pasiënte word nie benadeel in die Charlotte Maxeke Johannesburgse Akademiese Hospitaal nie. Dit volg op onlangse probleme met warm water en tydelike vertragings in kosvoorsiening. Motalatale Modiba van die departement sê twee blokke is geraak deur ’n warmwateronderbreking weens geroeste verhittingspirale, wat nou vervang word. Hy sê voedselvertragings in Maart is opgelos en pasiënte ontvang steeds drie maaltye per dag:
# Sokker: Mohamed Salah het die derde keer die Speler van die Jaar-toekenning van die Sokkerskrywers-vereniging gewen nadat hy Liverpool aangespoor het tot ’n 20ste Engelse ligatitel. Die Egiptiese voorspeler is bekroon nadat hy hierdie seisoen 28 Premierliga-doele aangeteken en 18 aangevoor het. Salah het die rekord verbeter vir die meeste doelbetrokkenhede in ’n Premierliga-seisoen van 38 wedstryde, terwyl Arne Slot se span sy eerste titel sedert 2020 gewen het. Salah het byna 90-persent van die joernaliste se stemme gekry, die grootste oorwinning tot dusver die eeu.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-27-sent teen die dollar, 20-rand-60-sent teen die euro en 24-rand-29-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 103-duisend-dollar-21-sent. Die prys van goud is drie-duisend-330-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 63-dollar-8-sent per vat..
# En laastens, twee Britse mans, Daniel Graham en Adam Carruthers, is skuldig bevind aan strafregtelike skade nadat hulle doelbewus ‘n beroemde plataanboom in Noord-Engeland afgekap het. Die boom het op Sycamore Gap gestaan, wat geleë is op die geskiedkundige UNESCO-wêrelderfenisgebied Hadrian’s Wall. Die erfenisgebied is byna twee-duisend jaar gelede gebou om die verste noordwestelike grens van die Romeinse Ryk te bewaak. Die plataanboom het in 1991 wêreldbekend geword toe dit in die lokettreffer Robin Hood: Prince Of Thieves, verskyn het waarin Kevin Costner gespeel het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….