Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 Januarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Ontleder maan Zuma se uitsetting kan die ANC se geheime ontbloot
# ActionSA benoem Nasiphi Moya as sy kandidaat as Tshwane se onderburgemeester
# En, motorsport: Carlos Sainz loop voor in Dakar met vyf skofte oor
# Die politieke ontleder Fikile Vilakazi maan as oudpresident Jacob Zuma uitgeskop word uit die ANC, kan dit sensitiewe inligting oor die party ontbloot, wat ‘n dilemma vir die ANC sal wees. Vilakazi meen Zuma, wat betrokke was by apartheid-era intelligensie-insameling, kan die ANC “gyselaar hou”, en sy onthullings kan tot die party se ineenstorting lei. Hy sê hoewel daar rede is om Zuma te skors, het die ANC met uitdagings te doen. ‘n Uitgelekte brief oor Nkosazana Dlamini-Zuma se uittrede uit die Parlement dra by tot die ingewikkeldhede waarmee die party sit.
# ActionSA het Nasiphi Moya benoem as sy kandidaat vir die pos van Tshwane se onderburgemeester. Die nasionale voorsitter, Michael Beaumont, beskou Moya as iemand wat in ‘n belangrike leierskapsrol in die stad se regeringstruktuur kan optree. Hy sê die stap stem ooreen met ActionSA se strategiese posisionering, gemik op die maak van ‘n robuuste uitwerking op Tshwane se politieke landskap. Beaumont beklemtoon ook, die benoeming onderstreep die party se toewyding tot aktiewe deelname aan plaaslike regering en die beïnvloeding van die stad se politieke trajek:
# Die Raad vir Mediese Skemas gaan ondersoek instel na die buitensporige kostes wat 33 mediese skemas aangegaan het om jaarvergaderings aan te bied. ‘n Navorsingsverslag toon die onkoste, altesaam 29,3-miljoen-rand, as kommerwekkend wat lei tot ʼn indiepte-ondersoek na bydraende faktore. Vyf skemas, insluitende Sizwe Hosmed en Discovery Health, het merkbaar meer bestee. Die ondersoek is ingevolge die Wet op Mediese Skemas uitgevoer en wil oorsake bepaal en vasstel of regulerende maatreëls nodig is. Die raad benadruk die noodsaaklikheid dat die behoefte om te bestee in waarde vir geld vir lede omskep moet word.
# Die 2024 Wêreld Ekonomiese Forum het in Davos, Switserland, begin en fokus op die leiers se pogings om teen 2050 oor te beweeg na ‘n koolstof-neutrale en natuur-positiewe wêreld. Die weeklange forum sal fokus op die uitdagings om bekostigbare, veilige en inklusiewe toegang tot energie, voedsel en water te verseker. Besprekings sal toegespits wees op privaat stralerreise, wat geïdentifiseer is as die koolstof-intensiefste metode van vervoer. ʼn Verslag deur die Europese Federasie vir Vervoer en die Omgewing toon privaat stralers is tien keer meer koolstof-intensief as kommersiële stralers en 50 keer meer as treine.
# Motorsport: Dit is die tweede en laaste week van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië en dit is nou vir alle praktiese doeleindes ʼn tweestryd tussen Carlos Sainz van Spanje en die Fransman, Sebastien Loeb. Die 14-malige wenner, Stephane Peterhansel van Frankryk, en die vyfmalige kampioen, Nasser Al-Attiyah van Katar, kan nie meer wen nie. Die Audi-bestuurder, Sainz, loop met 19 minute voor teen Loeb, wat gister se sewende skof gewen het. Die Audi-span gebruik vanjaar nuwe bande om bandlekke te beperk en volgens Sainza werk dit tot dusver goed:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-67-sent teen die dollar, 20-rand-42-sent teen die euro en 23-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-591-dollar-37-sent. Die prys van goud is twee-duisend-53-dollar-43-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-68-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….