Nuus 18:00
BULLETIN 5 Mei 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Dion George sê meer as 100 renosters is binne slegs drie maande gestroop
# Krieket: Rabada kan weer in die IPL speel na sy skorsing van ‘n maand
# En pous Francis se pousmobiel word omskep in ‘n mobiele kliniek vir kinders in Gaza
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê 103 renosters is tussen Januarie en Maart vanjaar gestroop. Die meeste renosters is in Nasionale Parke gestroop, met KwaZulu-Natal en Limpopo wat noemenswaardige verliese aangeteken het. Geen renosters is in Gauteng, die Oos-Kaap, die Wes-Kaap of die Noord-Kaap gestroop nie. George verwelkom die inhegtenisneming van 15 verdagtes en sê die regering sal voortgaan om anti-stropingstrategieë te versterk om bedreigde spesies te beskerm.
# Die DA het die moord op die Stellenbosse raadslid en lid van die burgemeesterskomitee vir Gemeenskapsdiens, Xolile Kalipa, veroordeel. Hy is gisteraand in Kayamandi doodgeskiet. Die DA sê Kalipa was bekend as ‘n toegewyde staatsamptenaar, wat sy gemeenskap met deernis en toewyding gedien het. Woordvoerder Tertuis Simmers het ‘n oproep gedoen vir die vinnige inhegtenisneming van die moordenaars:
# UNICEF, die Wêreldgesondheidsorganisasie, en die entstof-alliansie, GAVI, versoek ouers, die publiek en politici om hul steun vir immunisasie te versterk. Dit volg te midde van toenemende kommer oor uitbrekings van siektes wat deur entstowwe kon voorkom word. Paul Ngwakum van UNICEF in Oos- en Suider-Afrika het in ‘n onderhoud met SABC News beklemtoon die versterking van immuniseringstelsels is noodsaaklik om gemeenskappe te beskerm en lewens te red:
# Krieket: Die Protea-snelbouler Kagiso Rabada is beskikbaar om vir Gujarat Titans in die Indiese Premierliga te speel nadat hy ‘n skorsing van ‘n maand uitgedien het vir die gebruik van ’n ontspannings-dwelm tydens die SA20. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport sê hy het aan ’n opvoedings- en bewusmakingsprogram deelgeneem om dwelmmisbruik te voorkom en dit het sy skorsing van drie maande tot een verminder. Rabada kan moontlik reeds môre speel wanneer Titans teen Mumbai Indians te staan kom.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-28-sent teen die dollar, 20-rand-74-sent teen die euro en 24-rand-33-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 93-duisend-898-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-316-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 59-dollar-79-sent per vat.
# En ten slotte: Een van Pous Franciskus se pousmobiele word omskep in ’n mobiele kliniek vir kinders in Gaza. Dit vervul een van sy laaste versoeke voor hy verlede maand dood is. Die voertuig, wat tydens sy besoek aan die Heilige Land in 2014 gebruik is, word deur Caritas Jerusalem toegerus met mediese toerusting om gemeenskappe sonder toegang tot gesondheidsorg te bedien. Peter Brune van Caritas Swede noem dit ’n lewensreddende ingryping nadat Gaza se gesondheidstelsel ineengestort het. Die kliniek sal ontplooi word sodra humanitêre toegang toegestaan word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….