Nuus 18:00
BULLETIN 2 Mei 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Wes-Kaapse Polisiekommissaris verwelkom skuldigbevinding in Joslin Smith-saak
# Lawyers for Human Rights verwelkom hofbeslissing dat gevangenes rekenaars vir studies in selle mag gebruik
# En, Britse akteur Russell Brand verskyn in die hof op verkragtingsaanklagte
# Die Wes-Kaapse Polisiekommissaris Thembisile Patekile het die skuldigbevinding van Kelly Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn in die Joslin Smith-saak verwelkom. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof in Saldanhabaai het die trio skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel. Die kommissaris sê ondersoeke duur voort, en hy hoop Kelly Smith sal uiteindelik bekend maak wat met die sesjarige Joslin gebeur het, wat op 19 Februarie verlede jaar verdwyn het.
# Lawyers for Human Rights verwelkom die Konstitusionele Hof se beslissing wat gevangenes toelaat om persoonlike rekenaars in hulle selle vir studies te gebruik. Die hof het dié week beslis dit is noodsaaklik vir rehabilitasie. Die verklaring van ongeldigheid is vir ‘n jaar opgeskort om Korrektiewe Dienste toe te laat om beleidshersienings aan te bring. Nabeelah Mia van die organisasie het aan Newzroom Afrika gesê die stap ondersteun gevangenes se her-integrasie in die samelewing deur onderwys:
# Die Britse komediant en akteur Russell Brand het vandag in ‘n Londense hof verskyn op vyf aanklagte van verkragting en ander seksuele oortredings. Die 49-jarige het internasionaal bekend geword as die man van popster Katy Perry nadat hy ‘n loopbaan in Brittanje gesmee het met sy gewaagde komedie-optredes. Brand het net gepraat om sy besonderhede te bevestig voordat hy beveel is om weer op 30 Mei in die hof te verskyn. Brand staan tereg op twee aanklagte van verkragting, twee van seksuele aanranding en een van onsedelike aanranding.
# Sokker: Liverpool se bestuurder, Arne Slot, sê die Premierliga-titel-oorwinning op Anfield was een van die beste dae van sy lewe. Die Reds het Tottenham Sondag met 5-1 verpletter vir ‘n rekord 20ste Engelse liga-titel met vier wedstryde oor en hulle het ‘n sensasionele atmosfeer op hul volgepakte tuisveld geniet. Liverpool kom Sondag teen Chelsea te staan voor hulle Arsenal, Brighton en Crystal Palace in hul oorblywende wedstryde pak.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-36-sent teen die dollar, 20-rand-87-sent teen die euro en 24-rand-46-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-236-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-257-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 61-dollar-40-sent per vat.
# En laastens, die Stad Kaapstad se Biblioteek- en Inligtingsdienste bied weer ‘n skryfkompetisie aan vir kinders tussen 9- en 13-jaar oud. In 2024 het die kompetisie, wat op omgewingsbewustheid gefokus het, van 100 jongmense inskrywings ontvang. Vanjaar se tema fokus op ʼn geheimsinnig boks. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê die skrywers moet hulle verbeel hulle is besig met ontdekkings in hul plaaslike of skoolbiblioteek wanneer hulle op ʼn versteekte, geheimsinnige boks afkom:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….