Nuus 18:00
BULLETIN 15 April 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die sakeman Edwin Sodi pleit onskuldig in die Vrystaatse asbesverhoor van 255-miljoen-rand
# Twee sluise van die Vaaldam word toegemaak nadat die watervlak daal
# En gholf: Rory McIlroy se stilswye in die laaste ronde van die Meesterstoernooi was deel van sy strategie
# Die sakeman Edwin Sodi het in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein skuld ontken in die asbes-korrupsiesaak van 255-miljoen-rand. Sodi, die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, en 16 ander beskuldigdes staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery wat verband hou met ‘n kontrak vir die verwydering van asbesdakke in 2014. Die verhoor sal na verwagting tot 23 Junie voortduur. Van die beskuldigdes, insluitend Magashule se voormalige assistent, Moroadi Cholota, het kommer uitgespreek oor gereedheid vir die verhoor.
# Statistieke Suid-Afrika sê mynbouproduksie het in Februarie met 9,6-persent gedaal in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Die grootste negatiewe bydraes was platinumgroepmetale, ystererts, goud en steenkool. Mineraalverkope het ook skerp gedaal, met ’n jaar-tot-jaar afname van 13-persent. Juan-Pierre Terblanche van SSA sê slegs steenkool, wat met vyf-persent gegroei het, het positiewe groei getoon:
# Die Departement van Water en Sanitasie maak vandag twee sluise van die Vaaldam toe om uitvloei na die Bloemhofdam geleidelik te verminder. Dit volg nadat die watervlak en invloei afgeneem het. Onlangse watervrystellings het oorstromings in laagliggende gebiede veroorsaak, en ontruimde inwoners word versoek om nie terug te keer nie, aangesien rivieroewers oorversadig bly. Wisane Mavasa van die departement sê hierdie maatreëls is deel van veiligheidsprotokolle om infrastruktuur te beskerm en te keer dat die dam breek:
# Namibiese kusgemeenskappe word aangeraai om nie uitgespoelde vis te eet nie. Groot hoeveelhede seelewe het vermoedelik uitgespoel weens die skielike invloei van rivierwater na die see. Naudé Dreyer van Oseaanbewaring in Namibië waarsku dat verskeie faktore, insluitende skielike veranderings in sout- en suurstofvlakke, moontlik ’n rol speel. Hy waarsku dat die eet van die dooie vis gesondheidsgevare kan inhou:
# Gholf: Rory McIlroy se stilswye was deel van sy strategie in Sondag se laaste ronde van die Meesterstoernooi op Augusta in Georgia. Die plaaslike speler Bryson DeChambeau kon nie verstaan waarom die Noord-Ierse speler die hele dag gladnie met hom gepraat het nie. McIlroy het Justin Rose van Engeland op die eerste uitspeelputjie geklop en sy loopbaan-Grand Slam verower. Sy sportsielkundige, Bob Rotella, sê hulle wou nie aandag aan enigiemand anders gee nie, maar uitsluitlik op McIlroy se spel fokus – en dit het vrugte afgewerp.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-96-sent teen die dollar, 21-rand-42-sent teen die euro en 25-rand-6-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 85-duisend-795-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-222-dollar-65-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 64-dollar-50-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….