Nuus 18:00
BULLETIN 11 April 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Hlabisa dring aan spaza-winkels wat nie voldoen aan reëls nie, moet gesluit bly
# Amerika dank die hoof van sy miliêre basis in Groenland af omdat sy adjunkpresident Vance glo ondermyn het
# En rugby: Die Bulle laai hulle span met Bokke vir die Uitdaagbeker-kwarteindstryd teen Edinburgh
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê spaza-winkels wat nie aan reëls voldoen nie, moet gesluit bly. Hlabisa het by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal gepraat, waar ‘n agt-jarige steeds in die waakeenheid is weens besmette versnaperinge. Die minister het gesê die owerhede wag op die laboratorium se uitslae van die peuselhappie en beklemtoon gesamentlike verantwoordelikheid om soortgelyke voorvalle te voorkom. Hy loof die Stad Johannesburg omdat die betrokke winkel gesluit is:
# Die DA verwelkom die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, se aankondiging dat die Grensbestuursowerheid gevorderde hommeltuigtegnologie en liggaamskameras gaan gebruik om Suid-Afrika se grense te beveilig en korrupsie aan te pak. Die DA-lid, Teboho Sekaledi, sê die hommeltuie sal verseker die owerheid se personeeltekort kry aandag met die gebruik van moderne tegnologie:
# Die Stad Kaapstad het kommer uitgespreek oor voortslepende vertragings om nuwe rybewyse uit te reik. Die metro het sedert die begin van die jaar byna 60-duisend aansoeke vir nuwe rybewyse en openbare bestuurspermitte verwerk. Die Rybewyskaart-rekening in Pretoria het egter nog nie een kaart hiervoor uitgereik nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê dis omdat Suid-Afrika se enigste rybewysdrukker alweer stukkend is:
# Die hoof van Amerika se militêre basis in Groenland is afgedank oor ’n e-posboodskap waarin sy haar distansieer van vise-president JD Vance se kritiek op Denemarke. Die Amerikaanse Weermag sê kolonel Susannah Meyers is verwyder uit haar pos op die Pituffik-ruimtebasis weens ‘n verlies aan vertroue in haar leiding. Sy sê glo in die boodskap aan personeel dat Vance se opmerkings nie die basis se standpunt weerspieël nie. Die Pentagon sê ondermyning van leierskap is onaanvaarbaar. Vance het ook president Donald Trump se begeerte herhaal om Groenland om veiligheidsredes te annekseer.
# Rugby: Ruan Nortjé en Cameron Hanekom is terug in die Bulle se opdrafspan vir môre se Uitdaagbeker-kwarteindstryd teen Edinburgh in Skotland nadat hulle verlede naweek teen Bayonne op die bank was. Die Springbokhaker Johan Grobbelaar is ook op die bank saam met Johan Goosen en Canan Moodie, en ander Springbokke Marco van Staden, Jan-Hendrik Wessels en Embrose Papier. Keagan Johannes behou die nommer 10-trui. Die afskop is vanmiddag half-twee.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-16-sent teen die dollar, 21-rand-81-sent teen die euro en 25-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-289-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-235-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 62-dollar-86-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….