Nuus 18:00
BULLETIN 25 Maart 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede sê Suid-Afrika kan geen geveg met Amerika wen nie
# AfriForum vra Ramaphosa om die ‘Kill the Boer’-dreunsang te veroordeel
# En Brisbane kondig sy planne aan vir 2032 se Olimpiese Spele
# Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede waarsku Suid-Afrika kan geen stryd teen die Verenigde State wen nie. Die voorsitter, Moeletsi Mbeki, het kommer uitgespreek oor die twee lande se verhouding nadat die uitgeskopte ambassadeur, Ebrahim Rasool, teruggekeer het. Spanning tussen die twee lande het toegeneem te midde van geopolitieke verskuiwings. Mbeki het teenoor Newzroom Afrika die mags-wanbalans beklemtoon en moedig diplomatieke versigtigheid aan:
# AfriForum het president Cyril Ramaphosa gevra om die Kill the Boer-dreunsang wat die EFF se leier, Julius Malema, weer op Menseregtedag gesing het, openlik te veroordeel. Ernst van Zyl van AfriForum versoek Ramaphosa om plaasmoorde soos ‘n nasionale voorkeurmisdryf te hanteer en die vals bewerings oor geweld teen boere terug te trek. Hy beklemtoon die behoefte aan nouer samewerking tussen die regering en gemeenskapsveiligheid-strukture om landelike misdaad te bekamp:
# Binnelandse Sake bevorder digitale transformasie om korrupsie wat gekoppel is aan immigrasie, te bekamp. Minister Leon Schreiber sê prosesse wat op papier is, laat ruimte vir bedrog en omkopery. Veranderings sluit in om papiervisums met KI-gedrewe elektroniese reismagtiging te vervang, die uitfasering van groen ID-boeke vir veilige digitale ID’s, en outomatiese ingang-uitgangstelsels by grensposte. Hy sê die moderne stelsels het ten doel om ‘n korrupsievrye immigrasie-omgewing te verseker:
# Politieke groeperings in Suider- en Oos-Afrika het die bemiddelingspan uitgebrei om die Rwandees-gesteunde M23-rebelle se aanvalle in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo teen te werk. Die vergroting van die span volg nadat vredespogings skipbreuk gely het nadat M23 nie die samesprekings bygewoon het nie, en ook die oorname van Walikale. Angola het van sy bemiddelingsrol teruggetree. Die nuwe span beoog om vrede te bewerkstellig en sluit voormalige staatshoofde, soos oudpresident Kgalema Motlanthe van Suid-Afrikain. Die leiers het hul verbintenis bevestig tot ‘n politieke oplossing wat alle sekerheidskwessies in ag neem.
# Olimpiese Spele: Brisbane het sy planne vir ‘n nuwe stadion onthul waar die opening- en die afsluitingseremonie en die atletiekprogram sal plaasvind tydens 2032 se Spele. Dit sal in ‘n park in die middestad gebou word. Queensland se premier, David Crisafulli, het aangekondig die hoofstadion sal sitplek vir 60-duisend toeskouers hê met ‘n nuwe watersportsentrum, en ‘n derde stadion wat by die skouterrein opgerig word. Dit volg ná baie politieke debatte rondom die kwessie sedert die Spele in 2021 aan die Australiese stad toegeken is.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-17-sent teen die dollar, 19-rand-64-sent teen die euro en 23-rand-51-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 87-duisend-685-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-30-dollar-9-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-76-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….