Nuus 18:00
BULLETIN 17 Maart 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Gewese kontrakteur van Eskom word borgtog van twee-miljoen-rand toegestaan
# Business Leadership South Africa vra fokus op infrastruktuur in begrotingsdebatte
# En Pakistan se Krieketraad reik ‘n regskennisgewing vir Corbin Bosch uit omdat hy na die IPL verskuif
# ‘n Voormalige kontrakteur van Eskom, Michael Lomas, wat ‘n verdagte in ‘n korrupsiesaak van 1,4-miljard-rand is, is borgtog van twee-miljoen-rand toegestaan in die Hooggeregshof in Johannesburg. Die geld was bedoel vir die opknapping van die Kusile-kragstasie in Mpumalanga tussen 2014 en 2017. Lomas and 11 ander persone staan tereg op meer as 40 aanklagte van korrupsie. Lomas se verhoor is vir 20 Julie volgende jaar vasgestel. Ondersoekbeamptes beweer Lomas het redes opgemaak om uit Suid-Afrika na Brittanje te vlug, maar hy dring aan hy was in die VK om persoonlike sake te hanteer, insluitend die verkoop van eiendom.
# Business Leadership South Africa het die Parlement versoek om infrastruktuur-befondsing in begrotingsdebatte voorrang te gee om ekonomiese groei aan te dryf. Die uitvoerende hoof, Busi Mavuso, het beklemtoon groei lei tot werkskepping en beter openbare dienste. Mavuso het die behoefte aan vennootskappe tussen die regering en die privaat sektor sowel as beleidshervormings uitgelig om infrastruktuurprojekte te versnel. Sy het lede van wetgewers versoek om seker te maak die begroting stimuleer ekonomiese uitbreiding.
# President Cyril Ramaphosa sê as daar nou in vroeë kinderontwikkeling belê word, sal Suid-Afrika in die toekoms miljarde kan spaar. Hy het op die Bana Pele-beraad in Johannesburg gesê gehalte vroeë onderrig verminder armoede, verbeter onderwys-uitkomste en verlaag die koste van gesondheidsorg, maatskaplike dienste en misdaadvoorkoming. Ramaphosa het studies beklemtoon waarin gewys word elke rand wat aan vroeë kinderontwikkeling bestee word, kan tot sewe-miljard-rand in toekomstige koste bespaar:
# Die hoof van Nasionale Rampbestuur, Elias Sithole, vra dat die eThekwini-metro sy begroting moet aanpas om geld te vind om vloedskade in KwaZulu-Natal te herstel. Dit volg op die munisipale raad se aankondiging van ‘n infrastruktuur-hersiening van tien-miljard-rand vir water, elektrisiteit en afvalbestuur. Sithole beklemtoon dat jare se mislukkings met dienslewerings en stormskade die waterverliese en kragonderbrekings vererger het. Hy vra toepaslike besteding om herstelpogings te verbeter:
# Krieket: Die Pakistanse Krieketraad het ‘n amptelike regskennisgewing aan die veelsydige Proteas-speler Corbin Bosch oorhandig waarin beweer word hy kom nie sy kontraktuele verpligtinge na nie. Dit volg nadat Bosch ‘n kontrak geteken het om vanjaar vir Mumbai Indians in die Indiese Premierliga te speel. Hy is in Januarie deur Peshawar Zalmi gekontrakteer om in die Pakistanse Superliga te speel. Die IPL en die PSL bots vanjaar die eerste keer. Die Pakistanse Krieketraad sê hulle het Bosch gevra om sy optrede te verduidelik.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-12-sent teen die dollar, 19-rand-76-sent teen die euro en 23-rand-51-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-927-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-997-dollar-70-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-80-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….