Nuus 18:00
BULLETIN 14 Maart 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA ontken die ANC se beskuldigings van begrotingsonderhandelings-taktiek
# Die Verkiesingskommissie kondig die kansellasie van onaktiewe partye se registrasie aan
# En masels-gevalle was verlede jaar dubbel soveel in Europa en Sentraal-Asië as in 2023
# Die DA het die ANC se bewerings verwerp dat hulle die begrotingsbespreking gebruik om hulle posisie in die regering van nasionale eenheid te onderhandel. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het die DA daarvan beskuldig dat hy hervormingswette, soos die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering, probeer kelder. Mark Burke van die DA het teenoor Newzroom Afrika die ANC se beleide gekritiseer:
# Die Verkiesingkommissie het die kansellasie van die registrasie van 192 onaktiewe politieke partye aangekondig. Partye wat nie aan verkiesings deelgeneem het of hulle registrasie teen Januarie hernu het nie, het tot 24 Maart om te reageer. Hierdie skuif beoog om die partyregister op datum te hou, vewarring vir kiesers te vermy, en partyname en simbole oop te stel vir aktiewe partye. Kate Bapela van die OVK sê daar is tans 609 geregistreerde politieke partye, waarvan 383 op nasionale vlak is.
# Die Hooggeregshof in Gqeberha het een van drie mans wat gekoppel word aan die moord op die Oos-Kaapse vrou Vicki Terblanche, tot 25-jaar tronkstraf gevonnis. Die 36-jarige Reinhardt Leach het in Oktober 2021 gehelp om sy meisie te bedwelm, versmoor en in ‘n vlak graf te begrawe. Die staat voer aan Leach, Terblanche se vervreemde man, Arnold Terblanche, en ‘n derde man, Dylan Cullis, het saamgesweer om haar te vermoor. Cullis het vroeër ‘n pleitooreenkoms aangegaan en is tot 18-jaar gevonnis. Arnold Terblanche se verhoor sal in Oktober begin.
# Masels-gevalle was verlede jaar dubbel soveel in Europa en Sentraal-Asië as in 2023, wat die Wêreldgesondheidsorganisasie en UNICEF laat waarsku het dis ‘n wekroep. Meer as 40-persent van die 127-duisend-350 gevalle wat verlede jaar in Europa aangemeld is, was kinders onder vyf. Dit is die hoogste aantal gevalle sedert 1997. ‘n Half-miljoen kinders in the streek het hulle eerste masel-inenting misgeloop. Twee dosisse van die entstof is 97-persent doeltreffend om die siekte te voorkom, wat een van die aansteeklikste virusse vir mense is.
# Boks: Suid-Afrika se voorste vrouebokser, Simangele “Smash” Hadebe, is oorgehaal vir ‘n uitdagende geveg teen Gabriela Sanchez van Mexiko vir die Wêreldboksraad se Silwer-vlieggewigtitel volgende maand in die Zaragoza Olimpiese stadion in Mexiko. Hadebe, as vierde op die wêreldranglys en nommer een in Suid-Afrika, is terug na twee jaar van terugslae. Sy sê die geveg is ‘n loopbaan-bepalende geveg om Suid-Afrikaanse vroueboksers te inspireer:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-16-sent teen die dollar, 19-rand-76-sent teen die euro en 23-rand-50-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-859-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-988-dollar-97-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 69-dollar-76-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….