Nuus 18:00
BULLETIN X (Maand) X vm/nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA eis die openbaarmaking van Ithala se lenings aan politici en hulle kennisse
# Minister Majodina herbevestig munisipaliteite se rol in watervoorsiening
# En klimaatsverandering bedreig die toekoms van Winterspeles
# ActionSA eis deursigtigheid van die KwaZulu-Natalse bank Ithala oor uitstaande lenings wat aan kliënte met politieke bande toegestaan is. Die party is bekommerd dat belastinggeld misbruik is om politici en hulle kennisse te bevoordeel, insluitend die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee op Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zweli Mkhize, en sy gesin. Alan Beesley van ActionSA sê Ithala is volgens berigte kommersieel en tegnies bankrot met uitstaande lenings van 2.2-miljard-rand:
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het beklemtoon dat munisipaliteite verantwoordelik is vir die voorsiening van water en sanitasiedienste. Sy het tydens ‘n informele onderhoud tydens die Distriksontwikkelingsmodel se vergadering in Gauteng gesê haar ministerie hou toesig oor waterhulpbronne, stel standaarde en bestuur befondsing vir infrastruktuur-opgraderings. Majodina sê die Nasionale Water- en Sanitasie-meesterplan word ontwikkel om sektoruitdagings tot 2030 aan pak:
# Tshwane het die meeste gevalle van kinderwanvoeding in Gauteng. Van die een-duisend-46 ernstige en akute wanvoedingsgevalle in die provinsie, is 99 in die streek aangemeld. Johannesburg en Ekurhuleni volg met 90 en 85 sake onderskeidelik. Die Gautengse Gesondheidsdepartement sif kinders op die oomblik, gee voedingsvoorligting en verskaf terapeutiese voedsel by klinieke. Owerhede sê swak diëte en voedselonsekerheid is die hoofoorsake. Ouers word aangemoedig om voedsame maaltye voor te sit en mediese hulp te kry as daar tekens is van wanvoeding.
# Paralimpiese Spele: Die toekoms van Winterspeles word bedreig weens klimaatsverandering en die gepaardgaande gebrek aan sneeu. Die president van die Internasionale Paralimpiese Komitee, Andrew Parsons, het die opmerking gemaak presies ‘n jaar voor die openingseremonie van 2026 se Paralimpiese Winterspele in die Franse Alpe. Hy het aan die BBC gesê hy is nie bekommerd dit sal die laaste Spele wees nie, maar besef hulle sal moet voorberei op verandering. Die Internasionale Olimpiese Komitee glo teen 2040 sal net tien lande sneeusport kan aanbied.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-21-sent teen die dollar, 19-rand-70-sent teen die euro en 23-rand-46-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 89-duisend-373-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-911-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 69-dollar-39-sent per vat.
# En laastens, die regering van die Wes-Kaap het sy hartseer uitgespreek oor die afsterwe van die aktrise Crystal-Donna Roberts wat aan kanker dood is. Sy was 41. Roberts was bekend vir haar rolle in televisiereekse, flieks en op die verhoog, soos dié van Krotoa in die gelyknamige fliek en Janice in die reeks Arendsvlei, waarvoor sy onder meer toekennings as beste aktrise ontvang het. Die LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, sê Roberts se passie en toewyding sal voortleef in haar nalatenskap en bydrae tot die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….