Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 22 Januarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA eis die onmiddellike skorsing van minister Macpherson oor korrupsiebewerings
# Tennis: Iga Swiatek sê dis die skeidsregter se taak om oor omstrede besluite te beslis
# En, prins Harry skik sy regsgeding teen die uitgewer van Rupert Murdoch se Britse poniekoerant
# ActionSA versoek president Cyril Ramaphosa om die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, onmiddellik te skors na bewerings van korrupsie en omkopery. Macpherson word daarvan beskuldig dat hy by verkrygingsprosesse ingemeng en na bewering ‘n joernalis betaal het om ‘n smeerveldtog teen die uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, te voer. Woordvoerder Malebo Kobe dring daarop aan dat Ramaphosa daadwerklike stappe doen om aanspreeklikheid te verseker, etiese standaarde in die regering te handhaaf en openbare vertroue te herstel:
# Die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom begin met ‘n massa-deregistrasieproses vir maatskappye wat nie aan wetgewing voldoen nie. Die maatskappye het versuim om verpligtinge na te kom soos die indiening van jaarlikse opgawes en verklarings van eienaarskap. Die proses is gemik teen onaktiewe ondernemings en gevare wat dormante maatskappye inhou. Kommissaris Rory Voller het aan SABC News verduidelik maatskappye moet jaarliks opgawes indien om bedryfstatus, direkteure en liggings te bevestig:
# Die direkteur van Media Monitoring Africa, William Bird, ondersteun die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, se besluit om ‘n onafhanklike onderneming aan te stel om alternatiewe vir ‘n volhoubare befondsingsmodel vir die SABC te ondersoek. Bird beklemtoon die SABC se rol in die lewering van joernalistiek in openbare belang. Hy sê ‘n openbare-kommersiële befondsingsmodel en ‘n voorgestelde inhoudsheffing in openbare belang kan oorweeg word:
# Tennis: Die Poolse speler Iga Swiatek sê die skeidsregter moet oor omstrede beslissings besluit. Die wêreld-nommer-twee het reageer na sy ‘n belangrike punt gewen het in haar Australiese Ope-kwarteindstryd teen die Amerikaner Emma Navarro. Die kykweer het getoon Navarro se valhou het twee keer aan Swiatek se kant van die net gebons voor sy dit teruggeslaan het. Skeidsregter Eva Asderaki-Moore het beslis Navarro se versoek vir ‘n video-hersiening was te laat. Swiatek het 6-1, 6-2 gewen en speel môre in die halfeindronde teen nog ‘n Amerikaner, Madison Keys.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-48-sent teen die dollar, 19-rand-26-sent teen die euro en 22-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 104-duisend-303-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-755-dollar-29-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-47-sent per vat.
# Om mee af te sluit: Prins Harry het ‘n hewig-betwiste regsgeding teen die uitgewer van Rupert Murdoch se Britse poniekoerant geskik. Dit het gebeur nadat die uitgewer om verskoning gevra het oor kuberkrakers wat die prins se telefoon binnegedring, en ingestem het om aansienlike skadevergoeding te betaal. Harry se regsverteenwoordiger, David Sherborne, het aan die hof in Londen gesê Murdoch’s News Group Newspapers bied ‘n volledige en onvoorwaardelike verskoning aan die prins vir die kuberkrakers en die misbruik van privaat inligting nadat joernaliste en privaat ondersoekers opdrag gegee is om die koninklikes dop te hou.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….