Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 Januarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# SANCO eis duidelikheid oor die inhegtenisneming van ‘n vrywilliger in die Stilfonteinse reddingsoperasie
# Die grootste versagting van vonnisse ooit vind plaas enkele dae voor Biden sy kantoor ontruim
# En SA Rugby antwoord op vrae oor die mislukte beleggingstransaksie
# Die burgerlike organisasie Sanco eis duidelikheid nadat ‘n vrywilliger wat betrokke was by die reddingspoging van onwettige mynwerkers in Stilfontein, Noordwes, in hegtenis geneem is. Die organisasie is woedend en meen indien hierdie persoon aangehou word omdat hy betrokke was, moet ander betrokkenes dieselfde behandel word. Mzukisi Jam van SANCO sê die vrywilliger het ‘n belangrike rol gespeel toe die liggame uit die verlate skag gehaal is:
# Die vakbondfederasie Cosatu verwerp AfriForum se dreigement om die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette te betwis en is van mening so ‘n stap sal in die hof misluk. Die woordvoerder, Zanele Sabela, beklemtoon die wet se hervormende doelwitte, die bevordering van inklusiwiteit en moedertaalonderrig en die versekering van toesig om diskriminasie te voorkom. Sy bevestig weer die BELA-wet se grondwetlikheid en verbintenis tot ‘n billike onderwysstelsel vir alle Suid-Afrikaanse leerders:
# President Joe Biden het die vonnisse van bykans twee-duisend-500 mense versag wat skuldig bevind is aan nie-gewelddadige dwelmoortredings. Die Withuis beskryf dit as die grootste versagting op ‘n enkele dag in die Amerikaanse geskiedenis. Volgens Biden het die mense buitensporige lang vonnisse uitgedien in vergelyking met wat hulle vandag sou kry. Hy het verlede maand bykans een-duisend-500 vonnisse versag en nog 39 begenadig. Onder diegene wat begenadig is, was sy seun, Hunter, wat moontlike tronkstraf sou uitdien nadat hy skuldig bevind is aan wapen- en belastingoortredings.
# SA Rugby het ‘n bestuurshersiening deur ‘n onafhanklike ouditfirma aangevra om belangegroepe te verseker vereistes is nagekom in die voorgestelde beleggings-transaksie. Die liggaam se uitvoerende raad het vandag vergader om belangegroepe se kommer te bespreek na nuusberigte oor tegniese aspekte rondom die transaksie. Dit hou verband met die mislukte beleggingsvoorstel van die Amerikaanse ASG-groep in SA Rugby se kommersiële regte, die vestiging van die maatskappy Win by One, en die fooie betaalbaar aan internasionale makelaars wat aan die ooreenkoms gewerk het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-80-sent teen die dollar, 19-rand-31-sent teen die euro en 22-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 102-duisend-644-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-706-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-86-sent per vat.
# En ten slotte: Die Krugerwildtuin het weer die meeste van sy grondpaaie oopgestel na die onlangse swaar reën. Die Skukuza-Onder-Sabie-hoofpad is nog gedeeltelik verspoel, met toegang tot Benede-Sabie via Tshokwane. Die S33 is nog gesluit maar die laagwaterbrûe oor die Sand- en die Sabie-rivier is weer begaanbaar. Daarbenewens het die Talamati-boskamp vandag heropen terwyl die Balule-kamp slegs via die hoogwaterbrug oor die Olifantsrivier toeganklik is. Woordvoerder JP Louw het besoekers versoek om waaksaam te bly en padtoestande dop te hou terwyl rampspanne steeds die situasie monitor:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….