Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 Januarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC-adjunkpresident se Khayelitsha-besoek ontaard in ‘n politieke ramp
# China onthul multimiljard-dollar-beleggings in Namibië se kern-, minerale en behuisingsektore
# En, tennis: Tunisiër Ons Jabeur is gereed vir terugkeer na ‘n skouerbesering
# Die adjunkpresident van die ANC, Paul Mashatile, se deur-tot-deur-veldtog in Khayelitsha in die Wes-Kaap voor die party se saamtrek op 8 Januarie, het in chaos ontaard toe ‘n inwoner woedend geëis het dat die afvaardiging sy ma se huis verlaat. Mashatile se beskermers het die man verhinder om die huis binne te gaan. Die man het begin skree en het geëis dat die politici vertrek. Mashatile het die familie later om verskoning gevra en die blaam vir die voorval op sekerheidsprotokolle geplaas:
# Die Vrystaatse polisie sê die Valke ondersoek die moord op twee polisiebeamptes die naweek in Namahadi. Konstabels Sipho Mohapi en Gedione Motloung is doodgeskiet terwyl hulle ná ‘n rooftog by ‘n huis ondersoek ingestel het. ‘n Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê die twee het ‘n onwrikbare toewyding aan die polisiediens, asook selfopoffering getoon en het die waardes van die polisiediens hoog gehou en die gemeenskappe beskerm het wat hulle gedien het:
# Die GOOD-party versoek Kaapstad om kundiges te betrek nadat ‘n ondersoek deur inwoners laat verlede jaar onrusbarende rioolbesoedeling by die strande by Kampsbaai en Clifton aan die lig gebring het. Die Project Blue-verslag toon gevaarlike Enterokokkus-vlakke en ‘n gebrek aan gesondheidswaarskuwings. GOOD Suzette Little, eis deursigtige toetsprotokolle deur deskundiges, intydse openbare bywerkings en strenger monitering van riool om openbare gesondheid te beskerm en omgewingstandaarde te handhaaf:
# Die Chinese minister van Buitelandse Sake, Wang Yi, het beleggings van multi-miljard dollar in kernkrag, verwerking van minerale en behuising vir Namibië se polisiemag aangekondig. China se belegging van 94-miljard-rand in Swakop Uraan is China se grootste belegging in Afrika. Wang het tydens sy besoek aan Namibië klem gelê op China se verbintenis om Namibië te help om sy rykdom aan hulpbronne vir ontwikkeling te benut. Namibië benodig ook Chinese steun met groen energie, insluitend son-, wind- en kernkrag, terwyl China bydra tot projekte vir behuising en droogtehulp.
# Tennis: Die driemalige Grand Slam-naaswenner, Ons Jabeur, is voor die Australiese Ope steeds op koers vir haar terugkeer nadat sy die vierde gekeurde, Danielle Collins, met 7-6, 6-2 by die Adelaide International uitgeskakel het. Die 40ste gekeurde Tunisiese promotorskeuse het verlede week in Brisbane die kwarteindronde gehaal en herstel sedert Augustus van ‘n skouerbesering. Collins, die naaswenner by die Australiese Ope in 2022, het haar beplande uittrede aan die einde van 2024 gekanselleer en het in haar eerste WTA-wedstryd sedert September gespeel. Jabeur pak Yulia Putintseva van Kazakstan in die ronde van 16.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-57-sent teen die dollar, 19-rand-33-sent teen die euro en 29-rand-33-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 100-duisend-731-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-659-dollar-34-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-54-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….