Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 6 Januarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC belowe ekonomiese groei, geregtigheid en gelykheid in aanloop tot die 8 Januarie-saamtrek
# Menslike Nedersettings in Gauteng bepleit veiligheid te midde van swaar reën
# En, rugby: Ackerley Sports Group wil ‘n nuwe ooreenkoms beding vir die Springbokke se kommersiële regte
# Die ANC gaan hierdie Saterdag by sy 8 Januarie-saamtrek by Mandela Park-stadion in Khayelitsha, Wes-Kaap, ‘n ambisieuse visie vir die toekoms bekend stel met die fokus op ekonomiese groei, geregtigheid en gelykheid. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het aan die media gesê die party wil ooreenkomstig sy visie ‘n meer regverdige samelewing daarstel, met ‘n duidelike pad vorentoe om sosiale geregtigheid te bevorder en die ekonomie te herbou:
Mbalula het ook bekendgemaak dissiplinêre stappe word gedoen teen veterane van die ANC, Tony Yengeni en Obed Bapela, nadat hulle optrede skade berokken het aan die reputasie van die ANC. Yengeni word daarvan aangekla dat hy die ANC-leierskap op sosiale media gekritiseer en die MK-party van Jacob Zuma ondersteun het. Bapela is onder skoot na ‘n ongemagtigde reis na Marokko, strydig met die ANC se standpunt oor Wes-Sahara. Mbalula waarsku lede wie se gedrag verwarring veroorsaak, sal die gevolge moet dra:
# Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings het inwoners, veral in informele nedersettings, versoek om versigtig te wees tydens die voortdurende swaar reën. Die woordvoerder, Tahir Sema, raai inwoners aan om gebiede wat maklik oorstroom, te vermy, veiligheidswaarskuwings na te kom, noodplanne te skep en te ontruim indien nodig. Hy beklemtoon gemeenskapsveiligheid in die reënerige weerstoestande:
# Zimbabwe se kragverspreidingsmaatskappy, Zimbabwe Electricity Transmission & Distribution Company, het ‘n beroep gedoen vir aanbiedings om energiebergingseenhede te installeer en die ernstige energietekorte te verlig. Die projek beoog om battery-stoorstelsels op vier terreine aan te bring, wat tydens die spitstyd-aanvraag, 600 Megawatt elk vir ten minste drie ure sal verskaf. Die land het gereeld te kampe met kragtekorte wat vererger word deur die ergste droogte in 40 jaar, aangesien dit die hidrokrag-uitset verminder. Talle mynwerkers is afhanklik van ingevoerde krag uit Mosambiek.
# Rugby: Ackerley Sports Group beplan om ‘n nuwe ooreenkoms vir die kommersiële regte van die Springbokke te beding nadat sy aanvanklike bod misluk het. Die groep, met hoofkantoor in Seattle, se aanbod van 1,3-miljard-rand vir ‘n belang van 20-persent in die kommersiële regte van SA Rugby, is deur provinsiale unies verwerp, ten spyte van steun van die minister van Sport, Gayton McKenzie. Volgens News24 bly Ackerley optimisties, en wil saam met ‘n Suid-Afrikaanse konsortium werk. Die president van SA Rugby, Mark Alexander, beklemtoon strategiese groei om die finansiële ineenstorting van SA Rugby te voorkom.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-47-sent teen die dollar, 19-rand-21-sent teen die euro en 23-rand-13-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 99-duisend-249-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-627-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-82-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….