Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 25 November 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die polisie maak vordering met die bekamping van misdaad
# Julius Malema veroordeel die media oor misleidende dekking van die EFF
# En, rugby: Die Springbokke se fisioterapeut verlaat SA Rugby na 17 jaar
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens bly suksesvol met die bekamping van misdaad, ondanks voortdurende uitdagings op verskeie gebiede soos misdaadintelligensie, tegnologie en forensiese ondersoeke. Mchunu het na onlangse operasies verwys, insluitend die inhegtenisneming van 95 Libiese burgers in Mpumalanga en die dwelmlaboratoriums ter waarde van miljarde-rand wat in Limpopo ontdek is. Hy sê ander suksesse sluit in die aankeer van oortreders wat na bewering betrokke was by die massa-skietvoorvalle in Lusikisiki en Qumbu:
# Die EFF-leier, Julius Malema, kritiseer die media omdat hulle, volgens hom, vals stories oor die party versprei oor onder meer bewerings van oorlopery, die massa-uittog van lede en interne probleme. Malema beskuldig die media dat hulle op negatiewe beriggewing konsentreer, maar terselfdertyd die EFF se suksesse ignoreer, insluitend sy groeiende invloed in die Parlement:
# Suid-Afrika wil sy sektor vir groen tegnologie ’n hupstoot gee na afloop van die uitkomste van die COP29-klimaatgesprekke in Baku, Azerbeidjan. Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, loof die sleutelooreenkomste oor klimaat, insluitend ‘n nuwe finansiële verbintenis deur ontwikkelde lande om teen 2035 meer as vyf-miljard-rand per jaar te mobiliseer om ontwikkelende lande by te staan. ’n Sleutelprestasie is die stigting van die fonds vir verlies en skade, wat vanaf volgende jaar klimaatkwesbare gemeenskappe sal ondersteun.
# Die rampbestuurskantoor in Manila het hommeltuigmateriaal vrygestel van ‘n brand wat ‘n plakkersbuurt in die hawegebied van die Filippynse hoofstad verswelg het. Sowat tweeduisend gesinne is dakloos, nadat ongeveer ‘n duisend strukture verwoes is. Tientalle brandweerwaens, brandweerbote en twee Lugmaghelikopters is ontplooi om die brand te bestry. Geen sterftes is tot dusver aangemeld nie. Die brand volg slegs maande nadat elf mense dood is in ‘n brand in die stad se Chinatown-woonbuurt.
# Rugby: Die Springbokke se fisioterapeut, Rene Naylor, verlaat SA Rugby na 17 jaar. Sy was by meer as 100 toetse betrokke, insluitend die afgelope twee Wêreldbeker-veldtogte. Die voormalige Springbok-vleuel, Bryan Habana, sê Naylor het ‘n ongelooflike bydrae gelewer tot die nasionale span en haar passie, positiewe ingesteldheid, professionaliteit en toegewydheid was absoluut merkwaardig. Die huidige Bok-senter, Jesse Kriel, het sekerheid in Cardiff Saterdag oortuig om haar toe te laat om haar seun, Cullin, op die veld toe te laat na haar laaste wedstryd met die Bokke, teen Wallis.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand teen die dollar, 18-rand-94-sent teen die euro en 22-rand-68-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-426-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-653-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 73-dollar-30-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….