Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 18 November 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum beplan om hof toe te gaan oor die publikasie van matriekuitslae
# WeBuyCars bereik rekordverkope en sy aandeelprys verdubbel
# En 70-persent van Suid-Afrikaanse mans glo vroue moet hul mans gehoorsaam
# AfriForum berei voor om regstappe te doen om seker te maak vanjaar se matriekuitslae word op nuusplatforms gepubliseer, nadat die Inligtingsreguleerder die vrystelling daarvan verbied het. AfriForum het in 2022 ‘n soortgelyke saak teen die Departement van Basiese Onderwys gewen en die uitslae is gepubliseer. ‘n Lid van AfriForum, Alana Bailey, sê openbare belang weeg swaarder as kommer oor privaatheid, en buitendien word slegs die eksamennommers gepubliseer:
# Telkom het die eerste fase van sy afleggingsproses voltooi waarin een-duisend-800 poste geraak is. Die telekommunikasiereus het ‘n inkomstegroei van 1,9-persent tot 21-miljard-rand aangeteken. Die uitvoerende hoof, Serame Taukobong, sê die fokus is op die vermindering van bedryfskoste en die verbetering van inkomste-verskeidenheid om ‘n veerkragtige onderneming te bou:
# WeBuyCars het die afgelope jaar rekordverkope van 165-duisend-185 eenhede behaal en sy die inkomste met 16,5-persent tot 23,3-miljard-rand verhoog. Die onderneming sê ondanks eenmalige koste wat die wesensverdienste beïnvloed het, het kernverdienste byna 25-persent gestyg tot 815-miljoen-rand, wat sy eerste uitbetaling van dividende moontlik gemaak het. Aandele het verdubbel sedert sy notering op die Johannesburgse Aandelebeurs in April, met ‘n aandeel wat tans teen meer as 40-rand verhandel. Die uitvoerende hoof, Faan van der Walt, noem dit ‘n ongelooflike jaar met groei in al 16 sy takke en aanlyn, ten spyte van bedryfsuitdagings.
# Rugby: Die Nieu-Seelandse vleuel Samipeni Finau is nie beskikbaar vir Saterdag se kragmeting met Italië in Turyn nie nadat hy nie ‘n harsingskuddingtoets kon slaag nie. Hy het ‘n hou teen die kop gekry tydens hulle nederlaag van 30-29-nederlaag teen Frankryk, en Peter Lakai het hom vervang. Dit is onseker of Jordie Barrett sal kan speel nadat hy voor rustyd met ʼn kniebesering van die veld is. Sam Cane is gereed nadat hy van ʼn kopbesering herstel het wat hy in die sege oor Ierland opgedoen het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-7-sent teen die dollar, 19-rand-8-sent teen die euro en 22-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 90-duisend-281-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-606-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-11-sent per vat.
# En ten slotte: Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het vandag ‘n studie oor geslagsgeweld in Suid-Afrika vrygestel waarin onthul word dat 36-persent van vroue, ongeveer 7,8-miljoen, fisiese of seksuele mishandeling ervaar het, met baie van hulle wat in intieme verhoudings mishandel word. Khangelani Zuma van die raad het op ‘n nuuskonferensie gesê die studie het ook bevind 70-persent van mans glo vroue moet hul mans gehoorsaam, en van hulle dink vroue mag nie weier om intiem te verkeer met hul mans nie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….