Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 November 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa spreek vanaand die land toe oor die voedselvergiftigings-krisis
# AfriForum sê rioolbesoedeling in die Vaalrivier bedreig watersekerheid in Gauteng
# En, rugby: ‘n Propvol toets-naweek wag op aanhangers
# President Cyril Ramaphosa sal vanaand die land toespreek oor die regering se reaksie op die voortslepende voedselvergiftigings-krisis. Verskeie kinders het die afgelope twee maande weens voedselvergiftiging gesterf, met baie van hulle wat siek geword het nadat hulle versnaperings van spaza-winkels geëet het. Die regering het hierdie kwessie geklassifiseer as ‘n nasionale veiligheidsbedreiging en die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur lei die pogings om die krisis aan te pak. Die situasie het wydverspreide kritiek ontlok, veral rakende die besluit om voedselverkope naby skole op te skort.
Ramaphosa het ook ondanks begrotingsuitdagings, meer as ‘n duisend soldate ontplooi om die polisie te ondersteun met pogings om onwettige mynbou en verwante misdade te bekamp. News24 berig die Weerrmag se finansiële beperkings het die hertoewysing van hulpbronne vereis om voort te gaan met die operasie. Die ontplooiing vorm deel van Operasie Prosper en sal oor vyf maande strek met die fokus op provinsies wat geraak word, insluitend Gauteng, Mpumalanga en Noordwes, waar hoë vlakke van onwettige mynbedrywighede plaasvind.
# AfriForum waarsku die rioolbesoedeling in die Vaalrivier se opvangsgebied bedreig Gauteng se watersekerheid, die omgewing, en openbare gesondheid. Die groep vra dringende optrede om munisipaliteite aanspreeklik te hou. ‘n AfriForum-lid, Marais de Vaal, sê swak watersuiweringsaanlegte stroomop in die Vaalrivier is grootliks hiervoor verantwoordelik. Hy het herhaal dat deursigtigheid ‘n kern-element is om die krisis aan te pak:
# Rugby: Nog ‘n propvol naweek van toets-aksie wag op ondersteuners. Ierland en Argentinië spring vanaand weg in Dublin, en môre speel Japan en Uruguay in Chambéry in Frankryk, terwyl Spanje in Valladolid teen Fidji te staan kom. Skotland verwelkom daarna vir Portugal op Murrayfield, gevolg deur twee epiese wedstryde: Suid-Afrika teen Engeland op Twickenham, en Frankryk en die All Blacks in Parys. Sondag speel Italië en Georgië in Genua, waarna Wallis en Australië gaan kragte meet in Cardiff.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-16-sent teen die dollar, 19-rand-17-sent teen die euro en 22-rand-96-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 89-duisend-809-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-570-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-60-sent per vat.
# En ten slotte: Die Nasionale Seereddingsinstituut bepleit versigtigheid met die volmaan-springgety wat vandag sy hoogtepunt bereik. Dit kan lei tot sterker seestrome en hou gevare in vir swemmers, seevaarders, roeiers en hengelaars. Die instituut waarsku dat kus-staproetes tydens hoogwater afgesny kan word, en die golwe kan sekere hengelplekke verswelg. Die NSRI se woordvoerder, Craig Lambinon, het ook binnelandse watergebruikers aangeraai om versigtig te wees:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….