Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 14 November 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Verslag beskuldig voorste Suid-Afrikaanse eiendomsmaatskappye dat hulle geld was vir Afrika-leiers
# Die polisie voorsien vrywaringsvorms aan gemeenskapvrywilligers in die mynredding in Stilfontein, Noordwes
# En krieket: Lungi Ngidi is uit vir die res van 2024 met ‘n liesbesering
# ‘n Verslag deur Open Secrets betrek vooraanstaande eiendomsagentskappe en prokureurspraktyke dat hulle geld was met die verkryging van luukse eiendomme in Suid-Afrika. Die verslag bevat ʼn onlangse lys transaksies van medewerkers van vooraanstaande families soos die Nyusis van Mosambiek, die Kabilas van die Demokratiese Republiek die Kongo en die Nguemas van Ekwatoriaal-Guinee. Hulle gebruik na bewering die opbrengs van korrupsie om luukse eiendomme in Kaapstad en Johannesburg te koop, maar hou vol hulle voldoen aan wetlike en etiese standaarde. Die agentskappe wat genoem word, is Pam Golding, RE/MAX en Greeff.
# Die polisie het vrywaringsvorms uitgedeel aan gemeenskapsvrywillers wat help met die mynredding in Stilfontein, Noordwes, Die polisie waarsku daarteen om weens die gevare, beamptes in die verlate myn in te stuur. Dit sluit in giftige gasse en die gevaar van gewapende mynwerkers. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, het aan die media bevestig ʼn ondersoek is aan die gang na die herwinning van ʼn ontbinde liggaam van ʼn onwettige mynwerker:
# Gauteng se Departement van Infrastruktuurontwikkeling het volgens berigte 21-miljoen-rand bestee aan salarisse vir agt geskorste amptenare. Die werkers is glo vir langer as twee-en-‘n-half jaar op betaalde verlof geplaas. Volgens ‘n antwoord in die Gautengse wetgewer is vyf amptenare geskors vir onreëlmatighede met verkrygings, twee vir diefstal van hospitaaltoerusting, en die finansiële hoof vir ernstige verset teen gesag. Die DA eis dat die sake afgehandel moet word en beplan om ‘n mosie in te dien waarin hy aandring op vinnige oplossings.
# Die Lebombo-grenspos in Mpumalanga het heropen vir vragvervoer nadat betogings in Mosambiek ‘n tydelike sluiting veroorsaak het. Mosambiekse owerhede reguleer nou vragmotornommers en die oorgrens-bemiddelaars versoek bestuurders op die N4 Maputo-deurgang om versigtig te wees. Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê kommer oor veiligheid pla steeds ten spyte van die heropening:
# Krieket: Die Protea-snelbouler Lungi Ngidi gaan die res van die jaar buite aksie wees weens ‘n liesbesering. Dit beteken hy gaan die tuis-toetsreeks teen Sri Lanka misloop, asook Pakistan se toer in al die formate van die spel. Die 28-jarige Ngidi sal ‘n rehabilitasieprogram deurgaan en behoort teen Januarie weer fiks te wees. Die toetskaptein, Temba Bavuma, gaan intussen Maandag ‘n fiksheidstoets ondergaan om vas te stel of hy sal kan speel in die twee toetse teen Sri Lanka wat die 27ste in Durban begin.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-25-sent teen die dollar, 19-rand-24-sent teen die euro en 23-rand-14-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 90-duisend-778-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-556-dollar-39-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-86-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….