Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 November 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Duisende mense ruk op uit verset teen die BELA-wet
# Padwedlope: Die New York-stadmarathon stel ‘n nuwe wêreldrekord op vir die meeste deelnemers wat klaarmaak
# En motorkapers teiken nou voertuigwasserye in Gauteng
# AfriForum en Solidariteit het bevestig meer as tien-duisend mense het deelgeneem aan vandag se betoging in Pretoria ter verdediging van Afrikaanse onderwys en teen die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette. Betogers het van die Voortrekkermonument na Vryheidspark opgeruk en beklemtoon BELA is die laaste strooi. Kallie Kriel van AfriForum het die moontlike bedreigings vir kulturele identiteit veroordeel en eis die behoud van moedertaalregte in die onderwys:
# ActionSA verwelkom die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, se erkenning van die rioolkrisis in Kaapstad. George het bevestig ‘n saak is geopen omdat die stad meer as 30-miljoen liter onbehandelde riool per dag in water langs die kus laat vloei. Die reaksie volg nadat ActionSA die stad se versuim bevraagteken het om omgewingswette te volg. Michael Beaumont van die party sê die stad se optrede hou ernstige gevare in vir openbare gesondheid en mariene ekostelsels:
# Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika sê probleme duur voort met die Werkloosheidsversekeringsfonds se aanlyn platform, ten spyte van onlangse herstel nadat dit byna twee maande af was. News24 berig die platform, wat noodsaaklik is vir werkgewers om WVF-bydraes te registreer, te verklaar en te betaal, worstel steeds met talle foute, wat dit moeilik maak om te gebruik. Volgens die vereniging het hierdie probleme ontstaan na ‘n geskil tussen die Departement van Indiensneming en Arbeid en ‘n diensverskaffer, wat kommer laat ontstaan het oor die platform se betroubaarheid.
# Padwedlope: ‘n Nuwe wêreldrekord is Sondag opgestel toe altesaam 55-duisend-646 atlete die eindstreep van die New York-stadmarathon oorgesteek het. Dit verbeter die rekord van 54-duisend-280 atlete wat in September die Berlynse Marathon voltooi het. Sondag se vroue-wedloop was ook die grootste in die Amerikaanse stad nadat 24-duisend-731 atlete in Central Park klaargemaak het. Die vroue-wenner was Sheila Chepkirui van Kenia en Abdi Nageeye van Nederland het die mans-wedloop gewen.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-43-sent teen die dollar, 19-rand-1-sent teen die euro en 22-rand-65-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-755-dollar-80-sent. Die prys van goud is twee-duisend-744-dollar-40-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-37-sent per vat.
# En ten slotte: ‘n Motorkapers in Gauteng teiken nou voertuie wat by motorwasserye gelaat word. Diewe doen hulle voor as gemagtigde persone om voertuie te gaan haal. Fidelity ADT sê die misdadigers buit onbewaakte motors uit, veral wanneer sleutels by die personeel gelaat word. Motoriste word versoek om hul sleutels te hou, hul voertuie te monitor en seker te maak slegs die eienaar ontvang die motor. Statistieke toon ‘n voertuig word elke 22 minute in Suid-Afrika gekaap, en meer as die helfte van hierdie voorvalle is in Gauteng. Sportnutsvoertuie en sekere Toyota-modelle is die gewildste.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….