Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 4 November 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom verseker die brand by Kriel se kragstasie sal nie kragvoorsiening raak nie
# ‘n Man van Klawer kry ‘n lewenslange vonnis vir die moord op ‘n tiener in 2022
# En, tennis: Aexander Zverev vervang Carlos Alcaraz as wêreld nommer twee nadat hy die Paryse Meesterstoernooi wen
# Eskom gee die versekering die brand by die Kriel-kragstasie in Mpumalanga sal nie kragvoorsiening beïnvloed nie. Dit volg nadat Eenheid 6 gister uitgeskop het weens die verlies van hidrouliese olie na die turbinekleppe. Die stasie se noodspan het die brand vinnig onder beheer gehad. Geen beserings is aangemeld nie en ander eenhede bly ten volle in bedryf. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, beklemtoon die huidige reserwes is genoeg om in die vraag te voorsien:
Die DA sê intussen hy het Eskom se verlate Wilge-woongebiedprojek van 840-miljoen-rand in Mpumalanga ontbloot, wat omvattende vermorsing van belastingbetalersgeld aan die lig bring. DA-woordvoerder, Kevin Mileham, veroordeel Eskom omdat hy ‘n tariefverhoging van 40-persent aanvra, terwyl hy hierdie vervalle ontwikkeling verwaarloos. Hy sê met bykomende verliese van altesaam 24-miljard-rand verlede jaar, eis die DA aanspreeklikheid en deursigtigheid van Eskom oor sy finansiële wanbestuur en verkwistende besteding:
# ‘n Wes-Kaapse man is tot lewenslank gevonnis vir die moord op ʼn tiener in Klawer in Februarie 2022. Die 58-jarige Daniel Smit het verlede week skuldig gepleit aan die moord op die 13-jarige Jerobejin van Wyk. Hy het erken hy het die seun ontvoer nadat hy hom betrap het toe hy mango’s steel en hom later vermoor en probeer om sy liggaamsdele te versteek. Die Hooggeregshof het Smit tydens die sitting in die nabygeleë Vredendal ook tot ʼn bykomende 33-jaar gevonnis vir poging tot moord, ontvoering, lykskending en regsverydeling.
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die afgelope week tydens Operasie Shanela 13-duisend-en-20 verdagtes in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê dit sluit in twee-duisend-en-52 vir ernstige misdade, 140 vir moord, en beslaglegging op 99 vuurwapens en duisend-180 rondes ammunisie. Sy beklemtoon die polisie is daartoe verbind om hierdie pogings voort te sit om misdaad doeltreffend te bekamp:
# Tennis: Daar is dié week ʼn hele paar veranderings aan die ATP-wêreldranglys. Alexander Zverev van Duitsland is nou nommer twee nadat hy die Paryse Meesterstoernooi ingepalm het. Hy het daarmee vir Carlos Alcaraz van Spanje verbygesteek, met Daniil Medvedev van Rusland wat Novak Djokovic van Serwië in die vierde plek vervang het. Jannik Sinner van Italië is reeds verseker dat hy die seisoen bo-aan die ranglys gaan eindig. Taylor Fritz van Amerika is steeds sesde. Die Noorweër Casper Ruud en die Australiër Alex de Minaur het albei opgeskuif, maar die Rus Andrey Rublev en Grigor Dimitrov van Bulgarye het teruggesak.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-53-sent teen die dollar, 19-rand-12-sent teen die euro en 22-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-618-dollar-50-sent. Die prys van goud is twee-duisend-745-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-94-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….