Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 29 Oktober 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC se integriteitskommissie word versterk met ‘n nuwe appèlpaneel om etiese gedrag te monitor
# Tennis: Die seisoen se beste vrouespelers vertrek na Rijaad vir die WTA-eindtoernooi
# En, duisende Oasis-kaartjies gaan gekanselleer word weens oortredings van bepalings en voorwaardes
# Die ANC het sy integriteitskommissie versterk met ‘n nuwe appèlpaneel om aandag te gee aan etiese gedrag onder sy lede. Dit sal mense toelaat om te appelleer teen besluite wat die kommissie geneem het, en verseker dat lede wat ondersoek word, kan reageer op konsepverslae. Sekretaris-generaal Fikile Mbalula het die media in Boksburg toegespreek oor die besluite van die nasionale uitvoerende komitee, en sê die veranderings wil regverdigheid verseker en etiese gedrag behou:
Die ANC het ook bekendgemaak die komende 8 Januarie-saamtrek sal in Kaapstad gehou word. Die geleentheid is ‘n viering van die party se stigting en bied die geleentheid om steun te mobiliseer en met lede van die publiek te verkeer. Mbalula sê die party beplan om tydens die saamtrek sy doelwitte en prestasies uit te lig en sy teenwoordigheid in die streek verder te verstewig:
# Die Mededingingstribunaal het die samesmelting tussen Vodacom en Maziv, een van Suid-Afrika se grootste vesel-infrastruktuurmaatskappye, amptelik verbied. Die tribunaal het die besluit geneem na ‘n verhoor van 26-dae waarin verskeie kundiges in die bedryf getuig en ekonomiese kenners betrokke was. Daar is besluit die samesmelting is nie in die openbare belang nie. Vodacom se voorgenome verkryging was daarop gemik om sy mobiele bedrywighede met Maziv se bates te integreer.
# Tennis: Die seisoen se agt beste vrouespelers is op pad na Saoedi-Arabië waar die WTA-eindtoernooi Saterdag in Rijaad begin. Hulle is die wêreld nommer een, Aryna Sabalenka van Belarus, Iga Swiatek van Pole, die Amerikaner Coco Gauff, Jasmine Paolini van Italië, nog ‘n Amerikaner, Jessica Pegula, Elena Rybakina van Kazakstan, Zheng Qinwen van China, en Barbora Krejcikova van die Tsjeggiese Republiek. Swiatek het verlede jaar die nommer een-posisie van Sabalenka herwin toe sy die toernooi gewen het. Die eindstryd word op 9 November gespeel.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-70-sent teen die dollar, 19-rand-11-sent teen die euro en 22-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 71-duisend-555-dollar-63-sent. Die prys van goud is twee-duisend-767-dollar-70-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-74-sent per vat.
# En ten slotte: Agente waarsku dat duisende Oasis-kaartjies op ongemagtigde webtuistes in die komende weke gekanselleer sal word. Daar was ʼn reuse-aanvraag toe verkope geopen het en baie bewonderaars was ure lank in aanlyn toue net om uit te vind kaartjies is uitverkoop of pryse het die hoogte ingeskiet. Slegs vier-persent kaartjies het op herverkoop-webtuistes verskyn, maar dit beloop steeds tienduisende. Die toer begin in Cardiff, gevolg deur 16 ander datums in die Verenigde Koninkryk en Ierland waarna Kanada, Amerika, Mexiko en Australië aan die beurt kom.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….