Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 Oktober 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party trek John Hlophe se benoeming vir die Regterlike Dienskommissie met onmiddellike effek terug
# Die RDK ondervra regter Mahendra Chetty oor regterlike onafhanklikheid in die ANC en MK se handelsmerk-geskil
# En, sokker: Franse ondersteuners is ongelukkig omdat kaptein Mbappé nasionale diens misloop maar vir Real Madrid speel
# Die MK-party het die afgedankte regter, John Hlophe, se benoeming vir die Regterlike Dienskommissie met onmiddellike effek teruggetrek. Die party sê Hlophe se naam moet nie gekoppel wees aan wat hulle as ‘n misleidende en onbehoorlik saamgestelde kommissie beskou nie. Hulle voer aan dat die RDK grondwetlike vereistes oortree deur nie drie lede van opposisiepartye in te sluit nie. Die party meen die wil van die mense in Suid-Afrika wat Hlophe benoem het om sy parlementêre pligte na te kom, word ondermyn.
‘n Regter van die Hooggeregshof in Durban, Mahendra Chetty, het intussen sy onafhanklikheid verdedig tydens ‘n gespanne onderhoud met die kommissie, nadat hy aansoek gedoen het om ‘n posisie in die Appèlhof. Sy omstrede uitspraak ten gunste van die MK-party teen die ANC rakende handelsmerkregte nie, word onder die loep geneem. Die ANC se verteenwoordigers het kommer uitgespreek oor geregtelike onafhanklikheid, veral in hoëprofielsake. Chetty het volgehou sy uitsprake is uitsluitlik gegrond op feite en regsake. Die onderhoude het ten doel om 21 poste op die regsbank te vul.
# Die African Transformation Movement vra vir ‘n gesamentlike nasionale operasie om stygende geweld en misdaad aan te pal, veral in die Oos-Kaap. Die oproep kom nadat ses lede van die gemeenskapspolisieforum gisteraand doodgeskiet is in Godini in Qumbu. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, versoek die regering om die befondsing vir gemeenskapspolisieforums te vergroot en dringende maatreëls in te stel teen bendes, afpersers en onwettige immigrante:
# Die polisie het van 30 September tot 6 Oktober 12-duisend-187 verdagtes in hegtenis geneem as deel van Operasie Shanela. Woordvoerder Amanda van Wyk sê daar was tydens die intensiewe misdaadbekampingsprojek 157 inhegtenisnemings vir moord, 94 vir poging tot moord en 242 vir verkragting. Hulle het ook beslag gelê op 131 vuurwapens en twee-duisend-969 rondes ammunisie. Van Wyk sê die owerhede gaan voort met pogings om openbare veiligheid te verseker:
# Sokker: Franse ondersteuners is ongelukkig met kaptein Kylian Mbappé omdat hy nasionale diens misloop hoewel hy steeds beskikbaar is vir sy Spaanse klub, Real Madrid. Die voorspeler loop Donderdag se Nasiesliga-wedstryd teen Israel in Boedapest mis asook volgende Maandag s’n met België in Brussel. Afrigter Didier Deschamps het Mbappé uit die groep weggelaat omdat hy nie wedstrydfiks is na ʼn besering nie, maar hy het tog Saterdag in Real se La Liga-wedstryd teen Villiareal begin. Volgens die voormalige Franse nasionale speler, Maxime Bossis, is die situasie duister.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-38-sent teen die dollar, 19-rand-9-sent teen die euro en 22-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-12-dollar-94-sent. Die prys van goud is twee-duisend-644-dollar-78-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-29-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….