Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 September 6 vm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Gauteng gaan alternatiewe befondsing vir fiskale volhoubaarheid en e-tolskuld ondersoek
# Die Gautengse wetgewer eis Tshwane se burgemeestersverkiesing moet vinnig afgehandel word
# En, rugby: Sacha Feinberg-Mngomezulu se besering kan hom die res van die jaar op die kantlyn hou
# Gauteng gaan probeer om fiskale volhoubaarheid te verbeter deur alternatiewe befondsingsbronne soos openbare-privaat vennootskappe, skenkerbefondsing en ontwikkelingsbefondsing te ondersoek. Die LUR vir Finansies, Lebogang Maile, sê 2025 se begroting mik daarna om skuld bestendig te maak en volgehoue dienslewering te bied. Die provinsie moet met ‘n kleiner begroting klaarkom en e-tol-skuld betaal. Maile het ook verduidelik motoriste wat vir e-tol betaal het, sal nie terugbetaal word nie:
Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake het intussen ‘n beroep gedoen vir bestendigheid in Tshwane ná die verwydering van burgemeester Cilliers Brink. Die komitee se voorsitter, Mzi Khumalo, dring aan op ‘n vinnige burgemeestersverkiesing om munisipale bedrywighede vlot te laat verloop en ononderbroke dienslewering te verseker tydens die oorgangstydperk. Woordvoerder Pfano Bulasigobo sê die komitee sal betrokke bly om ‘n gladde en deursigtige proses te verseker wat inwoners eerste stel:
# Die Suid-Afrikaanse Verenging vir Spesiale Risikoversekering skakel met die regering en ander belanghebbers oor die uitbreiding van dekking vir natuurrampe, klimaatverwante risiko’s en kuberaanvalle. Die koste van die skade ná die oorstromings in KwaZulu-Natal in Junie is beraam op meer as 1,3-miljard-rand, terwyl die vloede van 2022 in die provinsie skade aan minstens 826 maatskappye berokken het van ‘n beraamde sewe-miljard-rand. Die voorsitter van die vereniging, Nolwandle Mgoqi, sê so ‘n verandering sal ‘n wysiging van die Sasria-wet noodsaak.
# Rugby: Die jong Springbok-ster Sacha Feinberg-Mngomezulu kan langer as wat verwag is op die krukkelys wees met ‘n kniebesering wat hy opgedoen het voor die Rugbykampioenskaps-oorwinning oor die All Blacks in Johannesburg. Hy het nie vir afrigter Rassie Erasmus of die mediese span daarvan gesê nie en nogtans gespeel, wat dalk die besering vererger het. Feinberg-Mgnomezulu het later ‘n operasie ondergaan en daar is verwag hy sou die Bokke se jaareind-toer in Europa kon meemaak, maar sy span, die Stormers, glo hy sal nie vanjaar weer kan speel nie.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-22-sent teen die dollar, 19-rand-23-sent teen die euro en 23-rand-5-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-663-dollar-71-sent. Die prys van goud is twee-duisend-629-dollar-4-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-43-sent per vat.
# En ten slotte: Die jongste Experian Verbruikerswanbetalingsaanwyser toon ‘n effens verbetering van die kredietwanbetalingsaanwyser van Suid-Afrikaanse verbruikers. Die verbetering is ten opsigte van verskeie soorte lenings vir die drie maande geëindig einde Junie, soos persoonlike lenings, huislenings, voertuiglenings en kredietkaarte. Volgens die aanwyser lyk dit asof verbruikers hulle skuld ietwat beter bestuur. Jaco van Jaarsveldt van Experian het aan SABC News gesê die risiko-aptytvlakke van leners het ook ʼn rol gespeel:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….