Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 20 September 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Kabinet loof die herlewing en prestasie van ondernemings in staatsbesit
# OKOSA versoek ‘n hersiene SABC-befondsingsmodel in die nuwe Wetsontwerp
# En, rugby: Die All Blacks konfronteer die spelers elke dag met die Bledisloebeker
# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshaveni, sê die kabinet is vol lof vir die herlewing van ondernemings in staatsbesit, insluitend aansienlike verbetering in hulle prestasie. Transnet het ‘n betekenisvolle vermindering in sy tekort van 98-persent aangemeld, terwyl die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika suksesvol was om 31 van sy 40 spoordeurgange te heropen. Ntshaveni het aan die media gesê Eskom se herstelplan lewer positiewe resultate en beurtkrag is al vir meer as 170-dae opgeskort:
# Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika dring aan ‘n nuwe befondsingsmodel moet by die SABC-Wetsontwerp ingesluit word. Voorgestelde veranderings is om die TV-lisensiestelsel met ‘n huishoudelike heffing te vervang. Norman Gidi van OKOSA het aan die Parlement se Portefeuljekomitee oor Telekommunikasie en Digitale Tegnologie gesê verhoogde staatsbefondsing is noodsaaklik om die uitsaaier se finansiële krisis aan te spreek:
# Vyf mans word aangekla van afpersing oor ‘n brugkonstruksieprojek in die uMshwathi-gebied in KwaZulu-Natal en is elk borgtog van tien-duisend-rand toegestaan. Die beskuldigdes het in die Landdroshof op Camperdown verskyn nadat hulle die klaers na bewering in Augustus gedreig het en beweer het die werk sou gestaak word tensy hulle in diens geneem word. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Natasha Ramkisson-Kara, sê die saak word weer op 25 Oktober hersien vir verdere ondersoek:
# Rugby: Die All Blacks-kaptein, Scott Barrett, sê die Nieu-Seelanders is wel die oorweldigende gunstelinge om môre se wedstryd in die Rugbykampioenskap teen Australië in Sydney te wen, maar hulle weet die Wallabies wil bitter graag ʼn terugkeer maak. Die wedstryd is tegelykertyd ook die eerste van twee toetse om die Bledisloe-beker. Australie het laas in 2002 die beker gewen en sal nie sommer moed opgee nie. Barrett het onthul die beker word al die hele week in die All Blacks se spankamer vertoon om hulle te herinner aan wat op die spel is.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-52-sent teen die dollar, 19-rand-52-sent teen die euro en 23-rand-26-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-597-dollar-19-sent. Die prys van goud is twee-duisend-608-dollar-56-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-13-sent per vat.
# Ten slotte: ʼn Thaise vrou is deur die polisie bevry nadat ʼn luislang haar vir meer as twee ure gewurg het. Die 64-jarige vrou het tuis aan die buitewyke van Bangkok skottelgoed gewas toe sy ʼn paar keer aan die been gebyt is. Die luislang het daarna om haar gekrul en sy het bykans twee ure lank gespook om haarself te bevry. Die bure het haar angskrete gehoor en die polisie ontbied. Reddingswerkers het sowat 30 minute gespook om haar te bevry. Luislange is nie giftig nie, maar versmoor hulle prooi.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….